Kobalt-ontginning in DRK is onmenslik

’n Nuwe verslag wat twee jaar se navorsing uiteensit, het bevind dat die ontginning van kobalt uit myne in die Demokratiese Republiek van die Kongo onder onmenslike omstandighede plaasvind, met werkers wat die ekwivalent van sowat 37 Namibiese dollar per dag verdien. Daar is ‘n groot wêreldwye vraag na kobalt – ‘n strategiese mineraal wat in selfone, ander elektriese toebehore en elektriese voertuie gebruik word. Elon Musk, tans die wêreld se rykste man gaan gebuk onder kritiek dat hy die kobalt aankoop. Luidens die verslag is die DRK die tuiste van vyf van die wêreld se grootste kobaltmyne wat besit word deur skatryk multinasionale mynmaatskappye, insluitende Chinese operateurs.