Klein oorwinning vir trofee-invoere na Brittanje

Brittanje se House of Lords het die omstrede Trofeejag-wetsontwerp Vrydag geblokkeer na beskuldigings dat politici nie na bewaringskundiges geluister het nie. Die wetsontwerp het gepoog om ‘n verbod te plaas op die invoer van enige jag-trofees na Brittanje. Kosmos 94.1 Nuus het met die president van die Namibiese professionele jagtersvereniging, Axel Cramer, gesels wat gesê het dit is goeie nuus vir die jagbedryf, maar nog nie die einde van die storie nie.