Klagtes teen Amushelelo staan – Amoomo
Michael Amushelelo, se klagtes in verband met die mislukte optog op 21 Maart, is steeds geldig, saam met sy mede-beskuldigde Dimbulukeni Nauyoma. Die klagte wat teruggetrek is, is teen PDM-lid Inna Hengari teruggetrek. Kosmos 94.1 Nuus het met Kadhila Amoomo gesels oor wat volgende is vir die omstrede aktivis wat steeds agter tralies is.
In verband met Amushelelo se geldwassery-saak in die hoërhof waar sy advokaat Sisa Namandje onttrek het, sê Amoomo dat Norman Tjombe sal intree.