Kim bied onvoorwaardelike ondersteuning aan Putin

Noord-Korea se Kim Jong-un het sy “volle en onvoorwaardelike steun” aan President Vladimir Putin van Rusland belowe tydens die twee leiers se beraad. Die  VSA waarsku die ondersteuning kan lei tot ‘n ooreenkoms om ammunisie vir Moskou se oorlog in die Oekraïne te verskaf. Die vergadering, wat meer as vier ure in die ooste van Rusland geduur het, het wedersydse belange, onder andere, wapentuig en meer, onder die loep geneem.