Khomas soek winterkomberse, tenders wissel van N$129 000 tot amper N$1,3m

Die Khomas-streeksraad se tender vir winterkomberse het op 15 Augustus, twee weke voor die lente amptelik begin, gesluit. Daar is ‘n totaal van 61 bieërs waarvan die groter meerderheid beleggings- en handelsfirmas is met minder as ‘n handvol wat in die bedryf van materiaal en klere werksaam is. Die raad soek 700 dubbelbed, dubbel-laag komberse. Die laagste bod was 129 500 Namibiese dollar met die hoogste op 1,288 miljoen dollar. Dit is nie bekend waarvoor die streeksraad die komberse sal benut nie en ook nie hoekom die tender in die tyd van die jaar beskikbaar gestel is nie.