Kredietverlening moet verbeter vir die ekonomie

Die goewerneur van die Bank van Namibië Johannes !Gawaxab het sy kommer uitgespreek oor die swak kredietverlening aan die privaatsektor, beide aan huishoudings en besighede. !Gawaxab sê die betrokke instansies moet harder werk om krediet beskikbaar te stel omdat die ekonomie die tipe van inspuiting nodig het. Plaaslike ekonoom, Gabriel Erastus stem saam.