En daar gaan olie weer op…

Die Brent ru-olieprys is weer aan die klim op vrese dat samesprekings met Iran oor die kernooreenkoms struikelblokke ontwikkel het. Die mark reageer ook op ‘n dreigende ‘n embargo op Russiese olieverskepings en ‘n steeds beperkte aanbod. Brent verhandel tans net onder 94 Amerikaanse dollar ‘n vat na pryse verlede week baie gedaal het en tot op 87 dollar teruggesak het. Daardie daling was toegeskryf aan inperkings in China. Daar word verwag dat die prys weer teen die einde van die jaar kan klim wanneer ‘n embargo van die Europese Unie op Russiese olie op 5 Desember in werking tree.