Khomas-goewerneur waarsku oor nakoming van maatreëls

Khomas-streek se goewerneur, Laura McLeod-Katjirua, het gesê alhoewel daar die afgelopwe weke ‘n afname in Covid-gevalle is, moet die publiek steeds by die gesondheidsprotokolle hou. Sy het gesê gevalle het vanaf ‘n duisend gevalle daagliks na minder as 100 gevalle afgeneem. Volgens die goewerneur het die Khomas-streek 822 mense weens die pandemie verloor.