IPC herroep twee Whk-raadslede

Die Independent Patriots for Change het twee van sy raadslede, Fillemon Hambuda en Desiree Davids, uit die Windhoekse stadsraad herroep vir beweerde onvanpaste optrede in stryd met die party se grondwet. Dit volg ná ‘n ondersoek oor hoe die twee raadslede se onlangse aansoeke vir grond hanteer is. Hambuda is die voorsitter van Stad Windhoek se bestuurskomitee. Hambuda het aan Namibiese media gesê hy het deels bedank weens die manier hoe Windhoek-burgemeester, dr. Job Amupanda, die stadsraad bestuur, asook weens sy ontevredenheid met hoe die koalisie van partye bestuur word.