Kenia begin inentingsveldtog teen polio

Kenia het vandag begin met ‘n nood-inentingsveldtog teen polio, nadat twee gevalle die afgelope maand aangeteken is. Meer as sewe miljoen kinders jonger as vyf moet ingeënt word. Die nasionale inentingsprogram is daarop gemik om entstof teen polio meer toeganklik te maak en Kenia se inentingsyfers te verhoog. Die land het ‘n variant van dié virus ongeveer tien jaar gelede uitgewis, maar verlede maand is gevalle by ‘n vlugtelingskamp in Garissa opgespoor. Die Wêreldgesondheids-organisasie sê die risiko vir die verspreiding van die virus is veral hoog in vlugtelingskampe in die Noorde, wat dikwels oorvol en onhigiënies is. Talle vlugtelinge kom van Somalië waar polio-gevalle ook onlangs voorgekom het.