Kanyetu wil bewyse van aantygings teen hom hê

Vincent Kanyetu, die geskorste sekretaris-generaal van die All People’s Party sê hy wil bewyse hê van alle bewerings wat teen hom gemaak is wat gelei het tot sy skorsing verlede Donderdag. Die skorsing is geldig vir 30 werksdae. Kanyetu sê die skorsingsbrief bevat ernstige bewerings, waarvan sommige kriminele implikasies inhou. Hy sê dit is uiters belangrik dat die party die bewerings staaf en die inligting aan hom verskaf sodat hy vir sy tugverhoor kan voorberei. Onlangse berigte in die media meen dat Kanyetu se skorsing volg op sy beweerde bande met ‘n Rundu-gebaseerde drukgroep, die United Namibians Party. Daar is ook bewerings van seksuele teistering.