DA moet ondersoek instel na bewerings teen sy LP – kenner

Die Suid-Afrikaanse staatsbestuurs-kenner Sam Koma sê die DA moet ‘n interne onafhanklike ondersoek doen na die bewerings teen die geskorste DA-parlementslid, Nqaba Bhanga. Die party wil hê Bhanga moet redes verskaf waarom hy nie uit die party geskop moet word nie nadat hy die federale voorsitter, Helen Zille, in die openbaar as ‘n rassis bestempel het. Die DA het Bhanga 48-uur gegee om redes te verskaf. Koma het aan Newzroom Afrika gesê die DA moet oop gesprekke oor kwessies rondom rassisme toelaat: