Kanadese swemmer sê sy is in Hongarye bedwelm

Swem Kanada sê hy samel inligting in nadat Mary-Sophie Harvey gesê het sy is op die laaste aand van verlede maand se Wêreldkampioenskappe in Boedapest dwelms ingegee. Die 22-jarige Kanadees sê op Instagram daar is ‘n tydperk van vier-tot-ses-uur waarvan sy niks kan onthou nie en het wakker geword met ‘n gekneusde rib en harsingskudding. Harvey, wat ‘n brons medalje gewen het as deel van die Kanadese vier-by-200-meters aflosspan in Boedapest, sê sy het ook talle kneusplekke aan haar lyf gehad. Swem Kanada sê hulle gee steun aan Harvey.