Kakaoprodusente in Ivoorkus opgewonde oor oeste

Boere in die Ivoorkus is bly oor die onlangse reën in die kakaoverbouingsgebied, Soubre, die suidelike dele van Agboville en Divo en die oostelike deel van Abengourou. Die jaarliks hoofgewas-oes is van Oktober tot Maart. Boere is egter bekommerd die reën kan die vogtigheidsvlakke van die grond beïnvloed. Hulle sê dit is moeilik om die bone in ʼn goeie toestand te hou aangesien daar by sommige plase die gevaar van vloede bestaan weens die swaar reën. Ivoorkus is die wêreld se grootste kakaoprodusent.