Niehaus wil ANC-regering dagvaar

Die geskorste woordvoerder van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane-vereniging in Suid-Afrika, Carl Niehaus, sê hy gaan die staat dagvaar vir onregverdige en kwaadwillige vervolging. Hy is in Julie verlede jaar in hegtenis geneem toe hy na bewering Covid-19 regulasies oortree het toe hy tydens ‘n regstreekse televisie-uitsending ‘n onderhoud toegestaan het. Die Landdroshof in Estcourt, KwaZulu-Natal, het gister in sy guns beslis en die saak laat vaar. Niehaus sê hy sal hom nie laat intimideer nie en daarom sal hy die staat dagvaar wat hom verneder het.