K2 is bereik, vir die eerste keer deur Suid-Afrikaners

Avonturiers Warren Eva en John Black het die eerste Suid-Afrikaners geword wat die piek van een van die gevaarlikste berge ter wêreld, die Savage Mountain K2 in Pakistan, kon bereik. Die reis was nie ‘n maklike een nie en is ‘n paar keer vertraag as gevolg van slegte weer, maar uiteindelik het Black en Eva hierdie reuse-uitdaging voltooi om geld vir die Food 4 Hope-projek in te samel. Die twee gaan nou die lang pad terug huis toe aanpak waar hulle ‘n helde-ontvangs sal kry. Linda Niemoller van Food 4 Hope gesels met Kosmos 94.1 Nuus.