Groot eer vir rolspelers in Namibiese toerisme

Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold, is genomineer as Gasvryheid-ikoon van Afrika in die Pyne-toekennings vir 2022. The Olive Hotel in Windhoek is ook as Inheemse Hotel van die Jaar en die Sossusvlei Desert Lodge se spa as Spa van die Jaar genomineer. Namibiërs kan tot 14 Augustus aanlyn stem. Die jaarlikse Pyne-toekennings dien as platform om leiers in die gasvryheid- en toerismebedryf in Afrika byeen te bring, asook om uitnemendheid en individuele prestasies te vier. Die toekennings vind op 9 September plaas. Paetzold sê sy is geërd oor die nominasies.