Junior Bokke werk aan verskeie fasette vir kampioenskap

Die tweede ronde wedstryde op die Wêreldrugby Onder-20-kampioenskap vind Donderdag plaas, met ses wedstryde in die Paarl en Stellenbosch. Die afrigter van die Junior Springbokke, Bafana Nhleko, sê werk aan hulle verdediging en vaste fasette voor hulle wedstryd teen Italië. Suid-Afrika moes in hulle openingswedstryd hard spook om Georgië onder te kry, terwyl Italië ʼn groot drag slae teen Argentinië op die lyf geloop het. Nhleko sê hulle sal egter hulle sokkies moet optrek teen ʼn sterk Italiaanse span: