Wagner-opstand was van begin af gedoem

Rusland se President Vladimir Putin beweer die Wagner-hoof, Yevgeny Prigozhin, se opstand was gedoem om te misluk en hy het beloof om die organiseerders voor die reg te bring. Wagner is ‘n privaat weermag huursoldate wat saam met die Russiese weermag in Oekraïne geveg het. Prigozhin sê hulle optog na Moskou was ‘n teken van protes eerder as ‘n poging om beheer oor te neem. Putin het die gewone Wagner-soldate “patriotte” genoem wat toegelaat sal word om by die weermag aan te sluit, na Belarus te gaan of terug te keer huis toe.