Jood het vermoedelik vir Anne Frank verraai

Die man wat Anne Frank en haar gesin moontlik 77 jaar gelede aan die Nazi’s uitgelewer het, is geïdentifiseer. Die Nederlandse meisie was 15 toe sy in 1945 in ‘n konsentrasiekamp dood is nadat sy in Amsterdam gevange geneem is. Haar dagboek oor haar gesin se lewe terwyl hulle twee jaar lank weggekruip het, is ná haar dood gevind. Dit het die bekendste weergawe geword van Jode se lewens tydens die Tweede Wêreldoorlog. Volgens ‘n nuwe verslag was ‘n Joodse man, Arnold van den Bergh, moontlik die een wat die Franks, en ander families verraai het om sy eie gesin te red. Hy was blykbaar ‘n prokureur wat Jode gehelp het om uit die land te vlug en hy het geweet watter families kruip weg, en waar. Volgens die ondersoekers na die saak, is hy vermoedelik deur die Duitsers gedreig met die dood van hom en sy familie.