Armoede in Namibië het nuwe dimensie gekry – Itula

Dr. Panduleni Itula, die leier van die Independents Patriots for Change, het die plaaslike armoede-kwessie tydens sy regstreekse uitsending op die party se sosiale media platforms aangespreek en gesê armoede het ‘n ander dimensie gekry. Hy het gereageer op die aankondiging van die Wêreldbank wat sê 1,6 miljoen Namibiërs lewe in armoede. Dit is die gevolg van nog 200 000 Namibiërs wat gedurende die eerste jaar van die Covid-pandemie in armoede geboender is, volgens die jongste Wêreldbank-oorsig van die land.