Rugby-wêreldranglys lyk effe anders na die naweek

Rugby: Die naweek se toetsuitslae het ‘n groot invloed gehad boaan die wêreldranglys. Suid-Afrika se terug as nommer een na gisteraand se oorwinning oor Skotland, met Nieu-Seeland nou tweede, gevolg deur Ierland, wat die boonste posisie moes prysgee nadat hulle teen die All Blacks verloor het. Frankryk bly vierde en Argentinië het opgeskuif na vyfde […]

Read More

NamRA maak plan met bottelnekke, swak nakoming

NamRA het twee nuwe stelsels van stapel gestuur. Die eerste, die sogenaamde Vooraf-uitspraakstelsel verskaf klassifisering van die waarde en oorsprong van goedere voor invoer en uitvoer en die tweede, die e-Tariefoplossing wat rolspelers maklik toegang tot heffings in doeane en aksyns sowel as geregtelike bepalings bied. Dit laat beter nakoming toe en maak dit makliker […]

Read More

AfriForum sê verbod op snoepies by skole te drasties

AfriForum sê die Gautengse Onderwysdepartement se besluit om die verkoop van eetgoed in en om skoolterreine te verbied is veels te drasties. Meer as 400 gevalle van voedselvergiftiging is in die provinsie aangemeld, met 23 sterftes, meesal onder kinders. Die Vrystaatse Onderwysdepartement het ook alle nie-skoolbestuurde verkoperbydrywighede in en om skoolterreine opgeskort. Alana Bailey van […]

Read More

Pro-Palestynse betogers in Amsterdam aangekeer

Dosyne pro-Palestynse betogers word deur die polisie in Amsterdam aangehou nadat hulle ‘n verbod op openbare betogings in die Nederlandse hoofstad uitgedaag het. Honderde het Sondag op Damplein byeengekom en gevra dat die konflik in Gaza beëindig moet word en hulle teenstand teen die verbod uitgespreek. Betogings is tydelik deur die burgemeester verbied nadat Israeliese […]

Read More

Buttler moker Engeland na 2-0 T20-reeksvoorsprong

Krieket: Kaptein Jos Buttler het 83 aangeteken om Engeland te help om die Wes-Indiese Eilande met sewe paaltjies te verslaan in die tweede T20 in Barbados. Dit gee hulle ‘n voorsprong van twee-nul in die reeks van vyf wedstryde. Die tuisspan het 158 vir agt aangeteken na kaptein Rovman Powell se 43. Buttler het daarna […]

Read More

Lüderitz-dorpsraad reageer op sanitasie-eise

Inwoners van Area 7 informele nedersetting in Lüderitz eis beter sanitasiegeriewe van die dorpsraad. Hulle beweer dat van die 200 openbare toilette wat meer as ‘n dekade gelede gebou is, slegs 80 nog in werking is, en dié is in ‘n swak toestand. Kosmos 94.1 Nuus het met die skakelbeampte van die Lüderitz-dorpsraad Elwin Gaoseb […]

Read More

Wes-Kaapse waterbronne verswak in gehalte

Die binnelandse waterbronne in die Wes-Kaap gaan agteruit, wat aansienlike risiko’s inhou vir ekologiese reservate en landbouproduksie. So sê die provinsiale regering se Omgewingsvooruitsigverslag, wat die stand van waterbronne, waterbeskikbaarheid en ekologiese stelsels beoordeel het. ‘n Navorser van die provinsiale Departement van Omgewingsake Francini van Staden sê ‘n sleutelbevinding in die verslag is dat terwyl […]

Read More

Peilings toon Ghana-opposisie vat die Desember verkiesing

Meningspeilings toon dat Ghana se vernaamste opposisieleier, John Dramani Mahama, die Desember presidensiële verkiesing sal wen. Volgens die peilings is hy ver voor sy vernaamste uitdager, die regerende partykandidaat Muhamudu Bawumia. Die 65-jarige Mahama, ook ‘n oud-president en die huidige visepresident Bawumia, 65, is die twee hoofaanspraakmakers vir die verkiesing op 7 Desember om president […]

Read More

Amerikaanse werkersklas is kwaad vir Demokrate, en hulle het ‘n reg

Die onafhanklike Senaatslid, Bernie Sanders, wat bekend is vir sy linksgesinde en liberale standpunte, sê die Amerikaanse Demokratiese Party het die werkersklas in die steek gelaat en daarom het hy die verkiesing en beheer oor die Kongres, verloor. Hy sê werkende families is vies, en hulle het ‘n reg om te wees.

Read More

Leerders wat drink in skooluniform lok wyd reaksie uit

‘n Video op sosiale media van jong skoolkinders wat in hulle skooluniforms drink by ‘n kuierplek het wyd reaksie uitgelok. Dit is nie onmiddellik duidelik na watter skole die kinders gaan nie. Die meisies se gedrag is ook op tyde onsedelik. Die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie Sanet Steenkamp het haar reaksie so verwoord.

Read More