
Rundu: 14 onwettige betogers vas - May 6, 2021
Altesaam 14 mense is by die Rundu-polisiekantoor in hegtenis geneem nadat hulle glo aan ‘n onwettige optog deelgeneem het. Hulle staar ook klagte van aanranding en dwarsboming van die gereg in die gesig. Die inhegtenisneming spruit uit ‘n groep inwoners van Tumweneni, ‘n nuwe informele nedersetting aan die buitewyke van Rundu, wat ‘n optog voor […]
NWR beperk skade aan toerismegeriewe - May 6, 2021
Ná vier jong Franse toeriste bome by die kampeerplek van Erongo Plateau Camp beskadig het, ontstaan die vraag gevra hoe gereeld Nambiese toerismegeriewe deur toeriste beskadig word. Sowat ‘n jaar gelede het een Kanadees en drie Franse toeriste graffiti op die geskiedkundige Garub-treinstasie naby Aus aangebring. Mufaro Nesongano van Namibia Wildlife Resorts sê toeriste beskadig […]
Meer as 1 500 arbeidseise in eerste kwartaal - May 6, 2021
Die Namibiese Ministerie van Arbeid sê hy het tydens die 2020-2021 finansiële jaar uitbetalings van meer as 1,8 miljoen Namibiese doller bemiddel. Arbeidsnavorser Herbert Jauch sê dit is verbysterend dat 1 505 eise slegs in die eerste kwartaal ingedien is. Dit is dieselfde tydperk toe die eerste positiewe Covid-gevalle in die land aangemeld is. In […]
Franse kwajongens vies hulle is uitgevang - May 6, 2021
Vier jong Franse toeriste wat bome by die kampeerplek van Erongo Plateau Camp beskadig het, is vies dat hulle uitgevang is. ‘n Bekende in toerismerkinge, Nruspesh Soni, het hulle nagespoor en hul identiteite op sosiale media bekend gemaak. Die kwajongens het in ‘n brief verskoning gevra, maar Soni meen die verskoning is nie werklik ‘n […]
Wes-Kaap reg vir die winter - May 6, 2021
Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling het sy winter-gereedheidsplan te midde van die eerste winterstorm van stapel gestuur. Die LUR, Sharna Fernandez, sê haar departement werk nou saam met ander regeringsagentskappe om die uitwerking van rampsituasies op kwesbare gemeenskappe te bekamp. Haar woordvoerder, Joshua Chigome, sê strawwe wintertoestande bedreig die lewensbestaan en maatskaplike sekuriteit van […]
Burgemeester van Rehoboth wag vir terugvoering - May 6, 2021
Uitdagings by die Rehoboth Dorpsraad verdiep met twee Swapo raadslede, Mara Beukes en Jacky Khariseb, wat hulle ondersteuning vir die Hoof Uitvoerende Beampte Simeon Kanime uitgespreek het. Binnegevegte blyk om weer kop uit te steek met die Burgemeester Rudi van Wyk wat eis Kanime moet vir verskeie ongerymdhede ondersoek word. Van Wyk sê hy het […]
SA tafeldruiwe presteer in China - May 6, 2021
Suid-Afrika se reeks hoëgehalte-tafeldruiwe was die afgelope paar maande in die kollig op die Chinese mark danksy die bemarking van die Suid-Afrikaanse tafeldruif-bedryf en voorste Chinese invoerders en kleinhandelaars. Hierdie sukses is onlangs gevier met ‘n geleentheid wat die invoerder, Joywoo, en verspreider Yibo by die Sjanghai Huizhan-groothandelmark vir vrugte en groente aangebied het. Die […]
Sarel de Waal vir skadevergoeding gedagvaar - May 6, 2021
Die werker wat in Januarie 2020 in ‘n winkel op Gobabis aangerand is, dagvaar vir Sarel de Waal en sy werkgewer, Omaheke MegaSave, vir skadevergoeding. Samuel Afrikaner is op 20 Januarie 2020 in die winkel volgens sy eis voor die hof deur De Waal geklap en met die vuis geslaan. Hy dagvaar hulle vir N$300 […]
Privaatsektor moet saam met regering werk – kenner - May 6, 2021
Die Namibiese Minister van Handel Lucia Iipumbu sê die regering glo dat samewerking met die privaatsektor die ekonomie kan laat herleef. Maar, daar is kenners wat meen die privaatsektor het geen vertroue meer in die regering nie. Die Dekaan in die Ekonomiese Fakulteit by Unam, Dr Jacob Nyambe sê beide partye is krities vir ontwikkeling […]
Ramaphosa loof Biden se besluit oor patentreg - May 6, 2021
President Cyril Ramaphosa het president Joe Biden van Amerika se ondersteuning verwelkom vir ‘n voorstel dat die beskerming van intellektuele eiendom vir Covid-19 entstowwe tydelik opgehef word. Dit sal verseker dat entstowwe meer regverdig tussen ryk en arm lande versprei word. Biden se administrasie het gister aangekondig dat die pandemie ‘n wêreldwye gesondheidskrisis is wat […]