Hage skommel sy Kabinet - April 22, 2021

President Hage Geingob het sy kabinet geskommel en die volgende aanstellings aangekondig. Frans Kapofi sal voortaan Minister van Verdediging wees terwyl Albert Kawana sal oorneem by Binnelandse Sake. Derek Klazen is die nuwe Minister van Visserye. Geingob het ook verskeie adjunkministers aangekondig. Veno Kauaria is die nuwe adjunk by Hoër Onderwys terwyl Nathalia /Goagoses intree […]

Read More

Vermiste duikboot – Indonesië vra vir hulp - April 22, 2021

Indonesië het Singapoer en Australië se hulp gevra om ‘n vermiste duikboot met 53 mense aan boord op te spoor. Die militêre hoof, Hadi Tjahjanto, sê die laaste kontak met die Duits-vervaardigde duikboot was vroeg gisteroggend plaaslike tyd. Die duikboot was besig met torpedo-oefeninge in die waters noord van die eiland Bali, maar het nie […]

Read More

Zuma se prokureurs bedank - April 21, 2021

Oudpresident Jacob Zuma sal nuwe prokureurs moet vind om hom te verteenwoordig. Dit volg nadat sy hele regspan bedank het – minder as ‘n maand voor sy korrupsieverhoor begin. Mabuza Attorneys het vanoggend ‘n amptelike onttrekkingskennisgewing by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingedien. Geen redes is verskaf nie. Zuma word betrek by die omstrede wapenskandaal […]

Read More

Kultuur-aanbiedinge kan toerisme red – Shifeta - April 21, 2021

Die Namibiese Minister van Toerisme Pohamba Shifeta sê die effektiewe benutting van kultuur kan bydra tot die herlewing van die toerisme sektor in die land. In sy mening is daar al hoe meer aanvraag vir kulturele toerisme wat nie deur Namibiërs uitgebuit word nie. Hy sê die land is baie divers en dit is ‘n […]

Read More

T rex was net so vinnig soos ons - April 21, 2021

Nuwe berekeninge deur Nederlandse paleontoloë skat dat die spoed van die Tyrannosaurus rex soortgelyk aan dié van mense was. Volgens ‘n nuwe studie wat in die Royal Society Open Science-joernaal gepubliseer is, sou ‘n T-rex binne ‘n uur net onder 5 kilometer afgelê het teen sy gewone stapspoed. Die hoof navorser, Pasha van Bijlert, meen […]

Read More

McHenry wou nog praat… - April 21, 2021

Die leier van die PDM-party McHenry Venaani het vanmiddag, nadat die LPM parlementslid Utaara Mootu gekla het dat sy vir 2 ure verhoed was om by die parlement in te kom, die Adjunk-Speaker aan die bek geruk en gesê nie net moet sy kommer hê oor Mootu se aantygings nie, maar dat sy gehoor moet […]

Read More

Volstruisboere het kommer oor voëlgriep - April 21, 2021

Volstruisboere in die Karoo is senuweeagtig na voëlgriep in Gauteng uitgebreek het. Dit is intussen onder beheer gebring. Meer as 38 000 volstruise moes in 2011 van kant gemaak word tydens ‘n uitbreking in die Karoostreek, wat tot ‘n verlies van ongeveer 800 miljoen Namibiese doller gelei het. Die Suid-Afrikaanse Pluimveevereniging het die bedryf vroeër […]

Read More

Kultuur van geweld lei tot afknouery - April 21, 2021

‘n Suid-Afrikaanse kenner in Suid-Afrika op die gebied van afknouery en boelies se gedrag, sê navorsing toon dat ‘n kultuur van geweld wat gemeenskappe oorheers, ‘n sleutelfaktor in geweld en afknouery by skole is. ‘n Senior lektor in Sosiologie aan die Universiteit van die Vrystaat, Emmanuel Mayeza, het gereageer op die onlangse selfdood van ‘n […]

Read More

Choas binne en buite parlement - April 21, 2021

Die Grondlose Mense Beweging het vanmiddag chaos beide binne en buite die Nasionale Vergadering veroorsaak. Bernadus Swartbooi en Henny Seibeb is nie toegang tot die Huis gegun nie en sal ‘n dringende aansoek in die Hoërhof in die verband bring. Intussen het LPM LP Utaar Mootu in die huis die MInsiter van Inligitng Peya Mushelenga […]

Read More

Langverwagte Fishrot-verhoor begin - April 21, 2021

Die voorverhoor van die veel besproke Fishrot-saak vind môre in die Hoërhof plaas. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Huue verskyn in twee afsonderlike sake. In die eerste saak is die 7 in hegtenis geneem in November 2019 in verband met die […]

Read More