Zuma se prokureurs bedank

Oudpresident Jacob Zuma sal nuwe prokureurs moet vind om hom te verteenwoordig. Dit volg nadat sy hele regspan bedank het – minder as ‘n maand voor sy korrupsieverhoor begin. Mabuza Attorneys het vanoggend ‘n amptelike onttrekkingskennisgewing by die Hooggeregshof in Pietermaritzburg, KwaZulu-Natal, ingedien. Geen redes is verskaf nie. Zuma word betrek by die omstrede wapenskandaal in die laat 90’s. Die verhoor sal na verwagting op 17 Mei begin.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *