25 dood in Rio-klopjag - May 7, 2021

Minstens 25 mense, onder wie ‘n polisiebeampte, is dood tydens ‘n klopjag in Brasilië se hoofstad, Rio de Janeiro. Die optrede word beskryf as een van die ergste in sy soort in die stad. Luidens berigte het die polisie-klopjag plaasgevind in weerwil van ‘n hooggeregshofbevel ‘n jaar gelede wat dié soort optrede tydens die Covid-19-inperkings […]

Read More

Boulter se borgverhoor duur voort - May 7, 2021

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, se borgtogverhoor duur vandag vir ‘n derde dag in die landdroshof op Outjo voort. Dit is deur die Kunene-streek se Adjunk-Kommissaris Rudolf Kanyetu bevestig. Die Ondersoekbeampte was gister in die getuiebank, asook Boulter se Sielkundige, Charine Glen-Spyron. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder Gerhard van […]

Read More

Maskers weer verpligtend in openbaar in Nieu-Seeland - May 6, 2021

Nieu-Seeland het tydelik halt geroep met sy reisborrel met Sydney, Australië, terwyl dié stad die oorsprong van sy jongste Covid-gevalle probeer opspoor. ‘n Paartjie is positief getoets. Maskers is weer verpligtend in die openbaar.

Read More

SA moet toerisme bemark - May 6, 2021

Prof. Elmarie Slabbert, Direkteur van Trees, die navorsingseenheid vir Toerisme by die Noordwes Universiteit, sê Suid-Afrika se toerismebestemmings en trekpleisters soos die natuurskoon moet bemark word. Inentings moet ook spoedig gebeur. Sy praat oor die stand van toerisme in SA en ook wat voornemende studente kan verwag wat graag Toerisme wil studeer.

Read More

Dr. Kalumbi Shangula verskaf Covid-syfers - May 6, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 137 nuwe Covid-gevalle in 11 streke uit 1 251 toetse bevestig. Daar is 20 leerders van verskillende skole en 11 gesondheidswerkers in hierdie groep. Die ouderdomme wissel tussen 9 dae en 88 jaar oud. Altesaam 239 mense het herstel, maar 7 sterftes is vandag aangemeld. Die Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, […]

Read More

Boulter se borgtogverhoor duur môre voort - May 6, 2021

Die Britse miljardêr en moordbeskuldigde, Harvey Boulter, se borgtogverhoor duur vir ‘n derde dag môre in die landdroshof op Outjo voort. Dit is deur die Kunene-streek se Adjunk-Kommissaris Rudolf Kanyetu bevestig. Boulter se Sielkundige, Charine Glen-Spyron, het vandag vir hom getuig. Hy staan tereg op die moord van sy plaasbestuurder Gerhard van Wyk wat op […]

Read More

EU bespreek entstof-eiendomsreg - May 6, 2021

Die Europese Unie is gereed om die tydelike opskorting van entstof-eiendomsreg te bespreek, sê die Europese Kommissie se President, Ursula von der Leyen. Sy sê die EU sal enige voorstel oorweeg wat die Covid-krisis doeltreffend en pragmaties takel.

Read More

Bejaardes aangemoedig om in te ent - May 6, 2021

Die Wes-Kaap het vroeër vandag sy “Kom ons doen dit”-inentingsveldtog van stapel gestuur om inwoners ouer as 60 jaar aan te moedig om op die regering se elektroniese inentings-data-stelsel vir hul inenting te registreer. Volgens die provinsie se Gesondheidsdepartement het slegs ‘n kwart van die mense wat kwalifiseer, tot dusver geregistreer. Ons korrespondent in Kaapstad, […]

Read More

DA glo dis tyd vir verandering - May 6, 2021

Die Demokratiese Party in Suid-Afrika is besig om hul veldtog, #Time for Change, van stapel te stuur. Volgens DA Parlementariër Baxolile Nodada word miljoene burgers van geleenthede ontneem terwyl ANC politici in ‘n stryd gewikkel is oor wie staatshulpbronne beheer. Hier is haar woorde.

Read More

EFF vra wie Ramaphosa in parlement verteenwoordig - May 6, 2021

Ná die hoogdrama in Suid-Afrika se regerende party, die ANC, wat Ace Magashule geskors het, het Magashule weer op sy beurt vir President Cyril Ramaphosa uit die party geskors. Tydens ‘n vraag- en antwoordsessie in die parlement het die EFF se Adjunk-President en Hoofsweep, Floyd Shivambu, gevra wie Meneer Ramaphosa in die parlement verteenwoordig as […]

Read More