
Tasa skep mobiele toetsklinieke - May 11, 2021
Die private sektor het ‘n veldtog van stapel gestuur om toeriste vir Covid-19 by padblokkades te toets. Die eerste mobiele kliniek is amptelik deur die Namibiese Gesondheidsminister, Dr. Kalumbi Shangula, by die Okahandja-padblokkade op die A1-hoofpad geopen. Die inisiatief is ‘n gesamentelike onderneming deur die Toer- en Safarivereniging van Namibië en Covid Test Nam, met […]
Bewaringsgebied gee kos aan 16 skole - May 11, 2021
Vir die tweede agtereenvolgende jaar, gebruik die lede van die N≠a Jaqna-bewaringsgebied ‘n deel van hul inkomste om kos aan alle geregistreerde skole en kleuterskole in hul bewaringsgebied te voorsien. Die Nyae Nyae Development Foundation of Namibia en die Europese Unie ondersteun die bewaringsgebied. Altesaam N$96 000 is aan 16 skole en kleuterskole geskenk. Die […]
Kantoor vir vlugtelinge hof toe - May 11, 2021
Die Suid-Afrikaanse Departement van Binnelandse Sake se volgehoue versuim om te voldoen aan hofbevele om die Kaapstadse vlugtelingontvangskantoor te heropen, word vandag in die Wes-Kaapse Hooggeregshof betwis. Die Scalabrini-sentrum sal weer probeer om die departement te dwing om die kantoor, wat sedert 2017 gesluit is, te heropen. ‘n Woordvoerder van Sonke Gender Justice, Kayan Leung, […]
Ietermagô-navorser: Gesmokkelde diere moet spoedig vrygelaat word - May 11, 2021
Twee mans is verlede week in verband met die onwettige besit van ietermagôvelle op onderskeidelik Kamanjab en Rundu in hegtenis geneem. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld. Ietermagônavorser Kelsey Prediger vertel aan Kosmos 94.1 Nuus hoe belangrik dit is dat lewende gesmokkelde ietermagôs so gou as moontlik weer in die natuur vrygelaat word. […]
Henny Seibeb 18 Mei op rooi tapyt - May 11, 2021
Die leierskap van die LPM het bevestig dat hulle ‘n brief van die Nasionale Verenging ontvang het dat Henny Seibeb op 18 Mei vir ‘n verhoor geskeduleer is. Hy het bevestig dat hy die brief van die NV se sekretaresse, Lydia Kandetu, ontvang het en wonder waarom die Speaker, Prof. Peter Katjavivi nie self die […]
Nóg Israeli troepe na Gasa - May 11, 2021
Israel se weermag gaan nog troepe na die grens by Gasa stuur en die Minister van Verdediging het 5 000 reserwemaglede gemobiliseer. Volgens internasionale media is nog lugaanvalle vandag op die Gasa-strook geloods, terwyl meer as 250 vuurpyle op Israel afgevuur is.
Kinders slagoffers van skietvoorval in Rusland - May 11, 2021
Minstens sewe kinders en ‘n onderwyser is volgens berigte dood tydens ‘n skietvoorval by ‘n skool in Kazan, oos van die Russiese hoofstad Moskou. ‘n Plaaslike nuusagentskap berig dat vier seuns en drie meisies in graad 8 onder die slagoffers is. Talle ander studente is gewond en hospitaal toe geneem. Volgens die nuusagentskap is ‘n […]
Bob Marley sterf vandag, 40 jaar gelede - May 11, 2021
Vandag 40 jaar gelede het die wêreld se grootste en bekendste reggae-ster Bob Marley gesterf. Hy was net 36 toe hy aan kanker op 11 Mei 1981 oorlede is. Verslaggewer Sithakazelo Dlamini het meer.
Airlink sluit ooreenkoms met Keniaanse redery - May 11, 2021
Kenia se nasionale lugredery, Kenya Airways, en die Suid-Afrikaanse plaaslike lugredery Airlink het ‘n ooreenkoms gesluit. Die waarnemende Handelshoof van Kenya Airways, Julius Thairu, sê dit sal passasiers moeitelose toegang tot beide operateurs se netwerke bied. Airlink sal sy kliënte van kaartjies kan voorsien na Nairobi en selfs verder na die Keniaanse lugdiens se netwerk […]
Leerders wat eksamen wil skryf moet inligting verifieer - May 11, 2021
Die Namibiese Ministerie van Onderwys het leerders wat vir die Graad 11 en 12 eksamens aan die einde van die jaar geregistreer is, daaraan herinner dat hulle al hulle inligting by die eksamensentrums moet verifieer. Alle deeltydse kandidate, vir beide Graad 11 en 12 kan reeds vanaf 5 Mei tot 4 Junie inligting bevestig en […]