
Nampo Oesdag gekanselleer - June 3, 2021
Die Nampo Oesdag wat in Augustus vanjaar moes plaasvind is gekanselleer weens die derde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika. Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê die visier is nou ingestel op 2022 met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem. Volgens die uitvoerende hoof van Bothaville Info, Hanlie Mouton, […]
Nampo Oesdag gekanselleer - June 3, 2021
Nog landbounuus: Die Nampo Oesdag wat in Augustus vanjaar moes plaasvind is gekanselleer weens die derde Covid-19-vlaag in Suid-Afrika. Die bestuurder van graanekonomie en bemarking by Graan SA, Dirk Strydom, sê die visier is nou ingestel op 2022 met meer as 750 uitstallers wat aan hierdie landbouskou deelneem. Volgens die uitvoerende hoof van Bothaville Info, […]
Stad Windhoek en Richmond onderteken ooreenkoms - June 3, 2021
Stad Windhoek en die Amerikaanse stad Richmond in die deelstaad Virginia onderteken vandag ‘n ooreenkoms. Die woordvoerder van Stad Windhoek, Lydia Amutenya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die Namibiese ambassadeur in Amerika, Margaret Mensah William, sal ook teenwoordig wees.
Eerste minister bespreek volksmoord in parlement - June 3, 2021
Die Namibiese eerste minister Saara Kuugongelwa Amadhila het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestig dat sy volgende Dinsdag die volksmoord ooreenkoms met die Duitse regering in die Nasionale Vergadering sal bespreek, en dat sy ook vrae van lede sal aanvaar. Volgens Kuugongelwa Amadhila is daar baie goeie redes hoekom daar tot op hede nog nie veel […]
Erongo-goewerneur sê opleiding is top-prioriteit - June 3, 2021
Die goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre sê die ontwikkeling van Namibiërs, sowel as opleiding en opvoeding, is ‘n prioriteit van die Namibiese regering. Volgens Andre is dit iets waarvoor almal dankbaar kan wees.
Perd slaag nie dwelmtoets - June 3, 2021
Perdewedrenne: Die perd wat verlede maand se Kentucky Derby gewen het, Medina Spirit, het groot ontsteltenis in Amerika veroorsaak toe hy nie sy dwelmtoets na die wedren kon slaag nie. Beamptes wag op toetse van monsters wat voor die wedren geneem is om te bepaal of hy gediskwalifiseer moet word. Die wenperd se afrigter, Bob Baffert, is vir twee […]
Franse, Suid-Afrika bevorder kultuur - June 3, 2021
Die Franse regering en Suid-Afrikaanse vennote het ‘n toepassing bekendgestel vir die ontwikkeling en ondersteuning van die kreatiewe en kulturele sektor in Suid-Afrika en ander Afrikalande. Die besturende direkteur van Trace Academia, Prejlin Naidoo, sê daar word ‘n gratis aanlyn opleidingsplatform ontwikkel vir jong Suid-Afrikaners wat hul vaardighede wil verbeter. Die platform sal verskeie plaaslike […]
Justisie het gesloer in Fishrot ondersoek - June 3, 2021
Die nuus dat ‘n lasbrief vir die in hegtenisname van die Windhoek prokureur Maren de Klerk in die buurland uitgereik is lok reaksie uit. Sommige kenners meen dat die Namibiese ministerie van justisie baie vinnig te werk gegaan het maar, die direkteur in die Namibiese Regshulpsentrum Toni Hancox stem nie saam nie.
Raad aanvaar Duitse reparasie aanbod - June 3, 2021
Talle groepe in die Ovaherero- en Nama-gemeenskappe ondersteun nie die ooreenkoms tussen die Namibiese en Duitse regerings nie en meen die fondse moet as reparasies betaal word en ook direk aan die geraakte gemeenskappe oorgedra word. Maar die voorsitter van die Ovaherero/OvaMbanderu en Nama-raad Gerson Katjirua sê hulle aanvaar die aanbod van 19 miljard Namibiese […]
Versigtig vir misdadigers wat hulle voordoen as polisie - June 3, 2021
Die Erongo polisie het ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om versigtig te wees nadat dit aan die lig gekom het dat misdadigers hulle voordoen as lede van die polisie. Inspekteur Ileni Shapumba, die streek se bevelvoerder vir gemeenskapsake het aan nuusagentskappe gesê dat daar Maandag so ‘n voorval plaasgevind het en die […]