Heruitvoere neem skerp toe - May 6, 2021

Die handelsoorskot met China het in Maart gekrimp maar, die land is steeds Namibië se hoof bestemming vir uitvoere, as gevolg van heruitvoere. Volgens die jongste bulletin van die Namibiese Statistiek Agentskap is goedere en kommoditeite ter waarde van 1,5 miljard Namibiese doller in Maart na China uitgevoer maar 58,2 persent is heruitvoere… Cheryl Emvula […]

Read More

Ace skors Cyril, maar hy mag nie - May 6, 2021

Die Sekretaris-Generaal van die ANC, Ace Magashule, sê sy skorsing is onwettig en het op sy beurt in ‘n brief President Cyril Ramaphosa geskors. Die ANC het bevestig dat die uitgelekte brief deur Magashule nie fopnuus is nie. Hy staan tereg op aanklagte van korrupsie, bedrog en geldwassery wat verband hou met ‘n Vrystaatse asbesdak-tender. […]

Read More

Boris-hulle soek beheer in Jersey - May 6, 2021

Die Britse premier, Boris Johnson, het twee vaartuie van die Koninklike Vloot beveel om die see rondom Jersey te patrolleer. Dit volg nadat Frankryk gedreig het om sy kragtoevoer na die eiland in die Engelse Kanaal af te sny te midde van ‘n voortslepende rusie oor visvangregte. Albei vaartuie is bewapen met kanonne en masjiengewere. […]

Read More

Amerikaners skenk vir Erongo - May 6, 2021

Mediese toerusting is deur die Amerikaanse ambassade aan die Erongo Gesondheidsdirektoraat geskenk. Sewentig bloeddruk monitors en 41 algehele pasiënt monitors is oorhandig. Die skenking vorm deel van die 100 miljoen Namibiese doller wat die Amerikaanse regering plaaslik bewillig het ingevolge die pandemie. Walter Parrs van die ambassade …

Read More

Permitkantore van paaieowerheid trek - May 6, 2021

Die Namibiese Paaieowerheid het aangekondig dat sy permitkantore wat tans by die Natis-kantore in die hoofstad gehuisves word, trek na die Erastus Shapumba-gebou. Dus sal die kantoor op Vrydag, 7 Mei gesluit wees. Hileni Fillemon, Woordvoerder by die owerheid het die besonderhede…

Read More

Gemeenskapskoshuise moet sake regruk - May 6, 2021

Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê gemeenskapskoshuise maak hulle skuldig aan wanbestuur en dien ook nie geouditeerde finansiële verslae in nie. Die Uitvoerende Direkteur Sanet Steenkamp sê daar is bewyse van wanbesteding. Sy sê die ministerie begroot 111 miljoen Namibiese doller vir die koshuise maar, die geld word nie aangewend vir die leerders nie. Volgens […]

Read More

Habib weer op sy pos - May 6, 2021

Die voormalige visekanselier van die Universiteit van die Witwatersrand, Adam Habib, is weer as hoof van die Universiteit van Londen se Skool vir Afrika- en Oosterse Studies aangestel. Habib is geskors nadat hy in Maart tydens ‘n vergadering met studente die N-woord gebruik het. Die Voorsitter van die raad van trustees, Marie Staunton, sê die […]

Read More

Kanadese kinders kan Pfizer-entstof ontvang - May 6, 2021

Kanada het die gebruik van die Pfizer/BioNTech Covid-19-entstof vir kinders tussen 12- en 15-jaar goedgekeur en die eerste land in die wêreld geword om dit te doen. Kanada het meer as 1,2 miljoen korona-virus gevalle en sowat 20 persent van hulle is jongmense onder 19. Die land se federale gesondheidsdepartement sê die Pfizer-entstof is veilig […]

Read More

Man op sosiale media is aangeval en dit het so gebeur… - May 6, 2021

Die Namibiese polisie se woordvoerders dra geen kennis oor ‘n plasing op sosiale media van ‘n man van Gobabis wat skynbaar aangeval is deur ‘n taxi bestuurder en wie se keel raak gesny is. Kosmos 94.1 Nuus het die voorval bevestig met die slagoffer wat anoniem wil bly. Hy sê hy is aangeval by ‘n […]

Read More

Miljarde belê by Kaapse waterfront - May 6, 2021

Die Kaapstadse Stadsraad het ‘n uitbreiding van die kanaaldistrik van die Victoria en Albert-waterkant ter waarde van 3,9 miljard Namibiese doller goedgekeur. Die Burgemeester, Dan Plato, sê dit volg na die onlangse goedkeuring van die Harbour Arch-ontwikkeling van 14 miljard Namibiese doller en die River Club-ontwikkeling van 4 miljard doller. Al die projekte saam gaan […]

Read More