
Ondersteuningsprogram vir Kaza vir Wildbestuur - May 12, 2021
Die Namibiese Minister van die Omgewing, Bosbou en Toerisme, Pohamba Shifeta, het die Ondersteuningsprogram vir die Kavango-Zambezi Oorgrensbewaringsgebied vir Volhoubare Wildbestuur van stapel gestuur. Kaza is die grootste oorgrensbewaringsgebied ter wêreld en beslaan 520 000 vierkante kilometer in. Kaza bestaan uit 20 nasionale parke, 85 woudreservate, 22 bewaringsgebiede 103 wildlewe-bestuursgebiede en 11 wildbestuursgebiede. Die Franse […]
Groot kommer oor voedselsekerheid in Madagaskar - May 12, 2021
Die Wêreldvoedselprogram sê elke dag verkeer meer lewens in gevaar omdat hongersnood sy greep op die suide van Madagaskar verskerp. Sowat 1,14 miljoen mense ondervind hoë vlakke van ernstige voedsel-onsekerheid – byna 14 000 van hulle in die katastrofiese fase vyf. Dit is die hoogste vlak op die Geïntegreerde Voedselsekerheids-fase-klassifikasie. Amer Daoudi van die program […]
Biden sê Israel, Palestina het beide gelyke reg tot vrede - May 12, 2021
Reaksie word ontvang op berigte dat die Amerikaanse President Joe Biden gesê het dat beide Israel en Palestina gelyke reg het tot vryheid en vrede. Dit is die eerste keer wat ‘n Amerikaanse leier die reg tot vrede en vryheid vir Palestina uitgespreek het. Die land skaar hom tradisioneel by Israel. Dr Ndumba Kamwanyah, ‘n […]
Sementpryse kelder ontwikkelings in Nigerië - May 12, 2021
Eiendomsontwikkelaars in Nigerië sê die verbod op sement-invoere het ‘n wesenlike impak op die koste van bouprojekte in die land. Luidens berigte uit Lagos het die prys vir ‘n 50-kilogram sak van 92 Namibiese doller verlede jaar in November gestyg tot net meer as 133 doller. Wetgewers in die land sê die dominansie van 3 […]
Dinge was geil by Eskom - May 12, 2021
Volgens Suid-Afrikaanse media het dinge geil gegaan by Eskom. Luidens die jongste berigte het Abram Masango, een van die kragvoorsiener se mees senior uitvoerende hoofde en wie oorsig oor die Kusile-projek gehad het, ‘n huis in Pretoria en ‘n 600 000 Namibiese doller luukse voertuig geëis van maatskappye wat besigheid met Eskom gedoen het. Daar […]
Nog ‘n lening, die keer N$1,8 miljard - May 12, 2021
Die Namibiese Minister van Finansies Ipumbu Shiimi het ‘n finansiële samewerking ooreenkoms ter waarde van 1,8 miljard Namibiese doller met die Duitse regering onderteken. Luidens berigte sal 3 programme deur die Duitsers befonds word. Volgens Shiimi sal die Gammans water herwinningsaanleg opgradeer word teen ‘n koste van 900 miljoen Namibiese doller. Die aanleg se kapasiteit […]
Pandemie: WGO het foute gemaak - May 12, 2021
Die Internasionale Paneel vir Pandemie-voorbereidheid het vandag sy verslag na die hantering van die Covid-pandemie bekend gemaak. Sy hoofbevindings toon dat die Wêreldgeonsheidsorganisasie die uitbreking van die korona-virus in China vroeër as noodtoestand verklaar het in plaas van om te wag tot 30 Januarie 2020. Die WGO se noodkomitee moes ingevolge sy eie reëls en […]
Nujoma is bron van wysheid – Geingob - May 12, 2021
President Hage Geingob sê die Stigterspresident Sam Nujoma is reeds vir dekades ‘n bron van krag en wysheid vir Namibiërs. Nujoma vier vandag sy 92ste verjaardag met ‘n kleiner partytjie as normaalweg, as gevolg van Covid. Nujoma se Senior Assistent Paul Shipale het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Aanbod vir Safari Hotel - May 12, 2021
Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, het die Safari Hotel en Konferensiesentrum in die hoofstad aangekoop. Luidens ‘n verklaring sal meer as 100 miljoen Amerikaanse doller in die hotel belê word en ‘n verdere 150 werksgeleenthede sal geskep word. Die koop is steeds […]
N$12m vir boere in droë Wes-Kaap - May 12, 2021
Droogte-geteisterde boere in die Wes-Kaap het hulp van meer as 12 miljoen Namibiese doller ontvang. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê verdere ondersteuning word gegee in die vorm van slypskole om boere by te staan met die instel van risikoverminderings-planne op hul plase. Meyer sê dit is ook ‘n manier om die bedryf voor […]