Aanbod vir Safari Hotel - May 12, 2021

Kasada Capital Management, ‘n internasionale beleggingsgroep wat veral in die gasvryheidsektor in Afrika suid van die Sahara belê, het die Safari Hotel en Konferensiesentrum in die hoofstad aangekoop. Luidens ‘n verklaring sal meer as 100 miljoen Amerikaanse doller in die hotel belê word en ‘n verdere 150 werksgeleenthede sal geskep word. Die koop is steeds […]

Read More

N$12m vir boere in droë Wes-Kaap - May 12, 2021

Droogte-geteisterde boere in die Wes-Kaap het hulp van meer as 12 miljoen Namibiese doller ontvang. Die LUR vir Landbou, Ivan Meyer, sê verdere ondersteuning word gegee in die vorm van slypskole om boere by te staan met die instel van risikoverminderings-planne op hul plase. Meyer sê dit is ook ‘n manier om die bedryf voor […]

Read More

Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe - May 12, 2021

Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]

Read More

NBC-betoging tans by parlementsgebou - May 12, 2021

Die betoging deur NBC-werkers en ondersteunende vakbonde is tans buite die parlementsgebou in die hoofstad. Hulle is toegang na die perseel geweier. Hulle wil ‘n petisie oorhandig maar eis dat die Speaker of Eerste Minister dit ontvang.

Read More

Man City vier steeds fees - May 12, 2021

Manchester City se ondersteuners vier steeds fees nadat die span gisteraand die Engelse Premierskaps-titel die vyfde keer opgeraap het. Die span is as kampioene gekroon nadat Manchester United teen Leicester verloor het, en bestuurder Pep Guardiola en sy span hulle derde titel die afgelope vier jaar ingepalm het. Hy het City gehelp om sedert 2016 agt belangrike trofeë te […]

Read More

Indiese owerhede het kommer ook lyke wat gestort word in Ganges - May 12, 2021

Federale owerhede in Indië het provinsiale regerings gemaan om te verhoed dat liggame van persone wat dood is aan Covid-19 in die Ganges-rivier gestort word. In die afgelope paar dae is ten minste 96 liggame in die rivier in die Bihar en Uttar Pradesh provinsies opgemerk. Owerhede sê pogings om die persone te identifiseer het […]

Read More

Grace het nie Shona-tradisies gevolg nie, Mugabe dalk oorbegrawe - May 12, 2021

Die voormalige presidentsvrou van Zimbabwe, Grace Mugabe is oor die kole gehaal deur ‘n invloedryke tradisionele leier Hoofman Zvimba van die Shona-volk. Na wat berig word het sy nie haar ontslape man, die voormalige president, Robert Mugabe korrek begrawe nie. Sy meot voor die tradisionele owerheid verskyn en ‘n boete betaal. Berigte lui ook dat […]

Read More

Besigheidseienaars word opgelei - May 12, 2021

SME’s Compete bied ‘n program aan om jong mense op te lei oor hoe om ‘n besigheid te bestuur. Die drie daagse program behels verskillende besigheidsaspekte. Danny Meyer van SME’s Compete het meer oor die kursus.

Read More

Lühl-Delgado kinders moet aansoek doen by Meksiko - May 12, 2021

Plaaslike media berig dat Namibiese owerhede van Binnelandse Sake die twee-jarige seun van Phillip Lühl en Guillermo Delgado, Yona, met ‘n sogenaamde bruin paspoort voorsien het sodat hy na Suid-Afrika kan reis en daar aansoek doen vir Meksikaanse burgerskap. Die bruin paspoort word gebruik vir vlugtelinge wat geen geboorteland het nie. Delgado is afkomstig van […]

Read More

Israel verklaar noodtoestand in Lod - May 12, 2021

Israel het ‘n noodtoestand in die stad Lod verklaar. Daar word berig Lod was die toneel van twee nagte se oproerigheid deur Arabiese Israeli’s waartydens sinagoges en Joodse skole volgens berigte aan die brand gesteek is, terwyl Israel se interne stryd dreig om meer ontwrigtend as die vuurpylaanvalle uit Gasa te wees. Minstens 40 mense […]

Read More