Katima inwoners sal verligting van rook-besoedeling - May 12, 2021

Die Katima Mulilo Dorpsraad moet tans gebruik maak van die stortingsterrein by Bukalo, 40 kilometer oos van die dorp nadat die Ministerie van Omgewingsake die huidige terrein gesluit het. Die gebied word reeds sedert 2018 onwettig gebruik nadat die ministerie gesê het dit voldoen nie aan die nodige vereistes volgens wetgewing nie. Inwoners het die […]

Read More

Geingob moet intree by NBC-staking - May 12, 2021

Terwyl daar verskeie petisies regoor die land deur werkers van die NBC ingedien sal word, het die pasgestigte vakbond vir media praktisyns, Nampu, ‘n beroep op President Hage Geingob om tussen beide te tree en die dooiepunt in die onderhandelings op te los. Die Eerste Minister Saara Kuugongelwa Amadhila het vroeër gesê dat terwyl die […]

Read More

Nujoma vier sy 92ste verjaardag - May 12, 2021

Stigterspresident Sam Nujoma vier vandag sy 92ste verjaardag. Hy word deur voormalige minister Pendukeni Iivula-Ithana as revolusionêre anti-apartheidsaktivis en politikus onthou wat sedert 1990 tot 2005 die Namibiese President was. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gesels en hulde aan Nujoma gebring.

Read More

Ondersoek na regters in wapenskandaal geloods - May 12, 2021

Open Secrets in Suid-Afrika sê hy is verheug dat die proses begin het om die regters wat die wapenskandaal ondersoek het, vir growwe wangedrag aanspreeklik te hou. Die Regterlike Gedragskommissie vergader aanstaande maand om aan te beveel of ‘n klagte teen Regters Willie Seriti en Hendrick Musi ondersoek moet word en by die Regterlike Gedragstribunaal […]

Read More

Oud-weermaghoof dagvaar oor arrestasie - May 12, 2021

‘n Voormalige bevelvoerder van die Namibiese weermag, Generaal-Majoor Thomas Hamunyela, dagvaar die Minister van Veiligheid en Sekuriteit vir hy wat sê was sy onwettige arrestasie en aanhouding. Hamunyela is op 12 Januarie gearresteer op klagte van veediefstal. Volgens die staat het hy in Junie verlede jaar 3 osse en ‘n koei met ‘n beraamde waarde […]

Read More

Covid-afval hoop op by kliniek - May 12, 2021

Mediese afval hoop vir die tweede keer buite die Robert Mugabe-kliniek in die hoofstad op. Die sakke is teen die oop heining by die openbare sypaadjie en raak daagliks meer. Kosmos 94.1 Nuus het Dinsdag navrae by die Uitvoerende Direkteur van die Ministerie van Gesondheid, Ben Nangombe gedoen en hy het onderneem om op te […]

Read More

Koningin open Britse Parlement - May 12, 2021

Koningin Elizabeth het die Britse Parlement geopen en die regering se wetgewende agenda bekend gemaak. Dit was haar eerste amptelike verpligting sedert die begrafnis van haar man, Prins Philip. Sy het onder andere Premier Boris Johnson se planne bekendgestel vir die herinstelling van ‘n omstrede wetsontwerp om die polisie se magte te vergroot. Die koningin […]

Read More

Aanspreeklikheid van amptenare van kritieke belang - May 12, 2021

Talle Namibiese staatsamptenare het die regering miljoene gekos weens regskoste en skadevergoeding. Voorvalle van nalatigheid in staatshospitale en polisiehardhandigheid kom gereeld voor. Die Direkteur van die Regshulpsentrum, Toni Hancox, het gesê om dit te stop, moet staatsamptenare verantwoordelikheid vir hul dade neem.

Read More

Respekteer Israel sê VF-Plus - May 12, 2021

Die Vryheidsfront Plus in die buurland sê dit is tyd dat die Suid-Afrikaanse regering Israel se soewereiniteit eerbiedig. Die party het gereageer op ‘n opmerking deur President Cyril Ramaphosa waarin daar steun uitgespreek word vir die Palestyne te midde van groeiende konflik met Israel. Die Vryheidsfront Plus sê dit is nie Israel wat hom skuldig […]

Read More

NBC: petisies word landwyd vandag oorhandig - May 12, 2021

Die Namibiese Eerste Minister Saara Kuugongelwa-Amadhila sê die meerderheid Namibiërs is afhanklik van die nasionale uitsaaier vir inligting, maar die regering kan nie NBC-werkers se salarisse bekostig nie. NBC-werkers wat sedert 23 April staak, gaan vandag ‘n landswye vreedsame protesoptog hou. Petisies gaan by verskeie kantore oorhandig word. In Windhoek sal dit aan die Speaker […]

Read More