
Bejaarde man wen lotto van N$30 miljoen - June 17, 2021
Die eienaar van die Lotto-wenkaartjie van 14 April het uiteindelik sy 30 miljoen Namibiese dollar opgeëis. Die 73-jarige man het sy kaartjie in Middelburg in Mpumalanga gekoop. Hy het 80 Namibiese dollar bestee en sy eie nommers gekies. Volgens die nasionale lotery-operateur, Ithuba, is die man in die wolke oor sy wengeld. Hy sê hy […]
Kontakklasse aan Tukkies opgeskort - June 17, 2021
Alle kontakklasse aan die Universiteit van Pretoria, waar talle Namibiese studente studeer, is vir die volgende tien dae opgeskort. Visekanselier Tawana Kupe het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die stap noodsaaklik is as gevolg van die kommerwekkende toename in Covid-19-gevalle in Gauteng. Hy benadruk dat die gesondheid en veiligheid van studente en personeel van […]
Namibiese Presidentsvrou gaan vrae oor Covid-19 beantwoord - June 17, 2021
Die Namibiese Presidentsvrou, Monica Geingos, gaan vandag ‘n vraag- en antwoordsessie op Facebook oor Covid-19 hê, nadat ‘n Namibiese Twitter-gebruiker het vir haar gevra waarom sy en President Hage Geingob so vinnig van Covid-19 herstel het en vra vir voorstelle hoe Namibiërs die virus kan bestry. Geingos het aangebied om in gesprek met hom te […]
China stuur eerste bemande tuig in vyf jaar ruimte toe - June 17, 2021
En China het sy eerste bemande ruimtetuig in byna vyf jaar lanseer toe drie ruimtevaarders aan boord van die Shenzhou-12-ruimtetuig by ‘n ruimtesentrum in die noordweste van die Gobi-woestyn die ruimte ingestuur is. Die bemanning sal drie maande weg wees terwyl hulle die lewensondersteuningstelsel en instandhouding toets. Twee ruimtevaarders sal ook twee ruimte-wandelings onderneem. Altesaam […]
Voorleggings vir voorgestelde Wes-Kaapse Biodiviersiteitsontwerp - June 17, 2021
Die openbare-deelnameproses vir die voorgestelde Wes-Kaapse Biodiversiteits-wetsontwerp het begin en omgewingsgroepe en inwoners word aangemoedig om voorleggings te doen. ‘n DA-lid van die wetgewer, Andricus van der Westhuizen, sê die konsepwet wil omgewingsuitdagings by die horings pak en rompslomp tot ‘n minimum beperk. Hy verduidelik die konsepwetgewing fokus op die uitbreiding van beskermende gebiede, die […]
Afrika-ministers onderteken Windhoek-ooreenkoms vir toerisme - June 17, 2021
Die Windhoek-ooreenkoms is deur Afrika-ministers onderteken tydens die Afrika-beraad van die Verenigde Nasies se Wêreldtoerisme-organisasie in die Namibiese hoofstad om toerisme op die vasteland te bevorder. Ministers van Afrika het belowe om saam met die Afrika-unie oplossings te vind om die vastelandtoerisme te laat herleef, wat swaar getref is deur die Covid-pandemie. Die uitvoerende hoof […]
Kerke sal steeds mense bystaan - June 17, 2021
Die Covid-pandemie maak die lewe vir almal moeilik, kerke ingesluit. Met baie lewens wat verloor word, is kerke die laaste hoop vir talle mense. Kerke is afhanklik van fondse van hul gemeentes, maar tans is openbare byeenkomste tot tien mense beperk. Ludwig Beukes, sekretaris-generaal van die Raad van Kerke van Namibië sê ondanks die situasie […]
Mabuza was voorstander van etiek by Eskom - June 17, 2021
Eskom het sy medelye betuig aan die familie van wyle Eskom-raadsvoorsitter, Jabu Mabuza. Die nuus oor sy afsterwe is met hartseer ontvang. Hy is aan Covid-19-komplikasies oorlede. Die kragreus sê Mabuza het Eskom tydens een van die moeilikste tydperke ooit gelei. ‘n Woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê hy sal onthou word as ‘n voorbeeldige leier en […]
Pandemie: dit gaan jare neem om ekonomies te herstel - June 17, 2021
Die Namibiese ekonomie is erg deur die Covid-pandemie getref en dit gaan jare neem om te herstel. Sedert die pandemie, is reuse-werksverliese ervaar wat weer tot verminderde belastingbetaling aan die regering gelei het. Jason Kasuto, ‘n plaaslike ekonoom het met Kosmos 94.1 Nuus. Om die ekonomie te herbou, moet die regering en private sektor hande […]
Taxi’s mag nie tariewe opstoot nie - June 17, 2021
Openbare vervoeroperateurs mag vir die volgende twee weke net die helfte van hul kapasiteit vul, ná die nuwe inperkingsmaatreëls aangekondig het. Verlede jaar is taxitariewe vanaf 12 na 14 Namibiese dollar aangepas toe taxibestuurders nie hul voertuie vol kon laai nie en voorlopige berigte lui reeds dat van die taxibestuurders dit reeds vanoggend begin toepas […]