Prysstygings van kunsmis raak Namibiese boere - May 28, 2021

‘n Styging in die pryse van landbou-chemikalieë op die internasionale mark voorspel niks goeds vir Namibiese graanprodusente nie. Landbou-chemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, het hoog gebly weens die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Produksie-insette is reeds baie hoog in Namibië, sê Gilbert Mulonda van die Namibiese Agronomiese Raad. Hy […]

Read More

Kuberkrakers slaan weer toe - May 28, 2021

Nobelium, die kuberkrakers verantwoordelik vir die SolarWinds-kuberaanval wat Amerikaanse staatsdepartement lamgelê het, teiken ander staatsagentskappe en nie-regeringsorganisasies, waarsku Microsoft. Nobelium het in Rusland ontstaan.

Read More

Goma lyk soos ‘n spookdorp - May 28, 2021

Goma, geleë langs die meer Kivu in die Demokratiese Republiek van Kongo, was teen vandag bykans ‘n spookdorp. Inwoners het op die vlug geslaan ná waarskuwings dat die vulkaan Nyiragongo weer kan uitbars. ‘n Limniese uitbarsting kan dodelike gasse uit die meer vrystel, berig internasionale media.

Read More

Nampol maan teen vals berigte oor ontvoerings - May 28, 2021

Die Namibiese polisie het gesê voorlopige ondersoeke het bevind dat ‘n 13-jarige seun van Walvisbaai wat na bewering ontvoer is, eintlik van die huis af weggeloop het. Maatskaplike werkers en Nampol se geslagsgeweld-afdeling is besig met ‘n ondersoek om uit te vind waarom die seun weggeloop het. Die bevelvoerder van gemeenskapsake in die Erongostreek, hoofinspector […]

Read More

Ruimtevaarder erken skuld op dood van susters - May 28, 2021

James Halsel Junior, ‘n voormalige Nasa-ruimtevaarder, het skuld beken nadat twee susters (13 en 11) byna vyf jaar gelede in ‘n ongeluk dood is. Volgens internasionale media was hy glo onder die invloed van alkohol en dwelms toe hy in ‘n ander voertuig vasgery het.

Read More

Pryse van landbouchemikalieë styg - May 28, 2021

‘n Ekonoom van Graan SA waarsku dat ‘n styging in die pryse van landbou-chemikalieë op die internasionale mark niks goeds vir Suid-Afrikaanse graanprodusente voorspel nie. Volgens Ikageng Maluleke het landbou-chemiese pryse, insluitend die prys van kunsmis, hoog gebly as gevolg van die verhoogde aanvraag tydens die produksieseisoen in die Noordelike Halfrond. Maluleke sê die enigste […]

Read More

Kanker-appelprojek mondig - May 28, 2021

Die 2021 Bank Windhoek Kanker-appelprojek het vandag in samewerking met die Kankervereniging van Nambië afgeskop. Dit is een van die mees suksesvolle fondsinsamelingsprojekte en is vanjaar mondig nadat dit in 2000 van stapel gestuur is. Op 30 Junie sal appels, selfs ‘n e-appel, te koop wees. Die uitvoerende hoof van die Kankervereniging Rolf Hansen deel […]

Read More

Afskaf van blitstoetse is slag vir toerisme - May 28, 2021

Die nuwe Covid-regulasies wat vandag deur die Namibiese Gesondheidsminister, dr. Kalumbi Shangula, aangekondig is, is ‘n slag vir toerisme. Die afskaffing van die blitstoetse vir reisigers, is weer een stap terug vir die toerismesektor, sê die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsverniging van Namibië, Gitta Paetzold aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Swapo-jeugliga vaar uit teen Mama Africa - May 28, 2021

Die Swapo-jeugliga het geëis dat die uitvoerende direkteur van Rights Not Rescue Trust of Namibia, Nikodemus Kamanghoti, bekend as Mama Africa, sy verklaring terugtrek waar hy vir Oudpresident Sam Nujoma gevra het om sy standpunt oor homoseksualiteit terug te trek. Swapo-jeugliga sê sy goeie reputasie word geskend om hul veldtog te bevorder om homoseksualiteit te […]

Read More

Tokio se ramptoestand veleng om Spele te red - May 28, 2021

Japan gaan vandag die ramptoestand in Tokio en ander gebiede verleng tot minstens ‘n maand voor die Olimpiese Spele, berig internasionale media. Dit behels meestal dat kroeë en restaurante vroeër moet sluit, terwyl die verkoop van alkohol ook verbied kan word.

Read More