
Gee asb insae oor ReconAfrica - April 13, 2021
Daar word ‘n beroep op lede van die publiek gedoen om insae te lewer in die dokumente wat beskikbaar gestel is deur ReconAfrica. Die Kanadese maatskappy het sy voorlopige verslag oor die seismiese opname in die Kavango-streke afgehandel. Alle insette moet teen 5-uur namiddag op 23 April ingedien word by die Woordvoerder van die ministerie, […]
Geen ongerymdhede by Namdia nie - April 13, 2021
Hooggeplaaste bronne het aan Kosmos 94.1 Nuus bevestiging gegee dat dit wel korrek is dat C-Sixty Beleggings, wat die 5-jaar kontrak bekom het om Namdia se diamante te waardeer, verkoop is. Die maatskappy het nuwe bestuur bekom, onder andere Doron Cohen as Besturende Direkteur en daar is gerigte dat dit wel verbinding hou met Nuska […]
Groot kommer oor Fukushima se water - April 13, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat Suid-Korea die Japanese ambassadeur in daardie land Koichi Aiboshi ontbied oor die nuus dat Japanese owerhede beplan om gekontamineerde water vanaf die Fukushima kernkragaanleg vry te laat. Meer as ‘n miljoen metrieke ton radioaktiewe water sal vrygestel word. Daar is ongeveer 1,25 miljoen metrieke ton radioaktiewe water wat in meer as […]
Kospakkies vir Ramadan - April 13, 2021
Die buurland se humanitêre groep, Gift of the Givers, sê hy gaan vandag Ramadan-kospakkies in Kaapstad uitdeel as deel van ‘n veldtog wat hy meer as ‘n week gelede van stapel gestuur het. Die maand Ramadan word deur lede van die Moslem-gemeenskap gevier terwyl hulle konsentreer op boetedoening, deernis en vergifnis. Hulle vas ook van […]
Wat van die kinders? - April 13, 2021
Namibië se vroue en meisies te beskerm en mans herhaaldelik daarvoor blameer word, is daar steeds voortdurende geweld teen jong kinders wat deur hulle versorgers gepleeg word. In die jongste voorval is ‘n seuntjie van drie aangerand met ‘n waterpyp. Rosa Namises, die bekende Maatskaplike Aktivis sê al die veldtogte om die gemeenskap in te […]
Leefstyl oudits word deurentyd uitgevoer - April 13, 2021
Plaaslike media berig dat leefstyl oudits deurentyd uitgevoer word, al word daar nie daaroor berig in die media nie. Die pas aangestelde hoof van die Namibiese Inkomste-agentskap, Kommissaris Sam Shivute sê owerhede het belasting oudits uitgevoer wat veroorsaak het dat miljoene terugbetaal is aan die staat. Volgens hom hou die Finansiële Intelligensie Sentrum rekenings dop […]
Jeugspele sal vanjaar beter wees - April 13, 2021
Die Hoof Administrateur van die Namibiese Sportkommissie Freddy Mwiya sê ‘n terugblik na verlede jaar die Nasionale Jeugspele by Rietfontein het baie lesse na vore gebring. Volgens Mwiya het samesprekings met die hoof borg, MTC, ook vrugte afgewerp om vanjaar ‘n beter geleentheid aan te bied. Mwiya het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.
Verwagtinge oor Staatsrede - April 13, 2021
President Hage Geingob sal Donderdag middag om half-3 sy Staatsrede lewer. Die Nasionale Vergadering het die aankondiging gemaak. Die plaaslike Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge so verwoord.
Betoging oor ‘haatmisdaad’ - April 13, 2021
Die Suid-Afrikaanse menseregtegroep Gay en Lesbiese Alliansie van Suid-Afrika beplan vanoggend ‘n plakkaatbetoging buite die Distrikshof in Kariega, voorheen Uitenhage, voor die hofverskyning van ‘n man wat van die moord en verminking van Andile Ntuthela aangekla word. Ntuthela is na bewering die naweek in die buurland in ‘n haatmisdaad vermoor omdat hy gay was. Daar […]
Nuska is in Namibië sedert 2008 geregistreer - April 13, 2021
Meer besonderhede is bekend in die aantygings wat die leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, Job Amupanda teen Namdia gemaak het. Amupanda beweer die maatskappy Nuska Tegnologie is aangestel om diamant waardasies vir Namdia te doen, terwyl C-Sixty Beleggings volgens hom reeds daarvoor betaal word. Volgens Amupanda is dit ‘n Israelse maatskappy maar, Nuska Tegnologie […]