Nog 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - July 4, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het bekendgemaak dat daar 1 656 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek 568, Rundu 151, Oshakati 131, Keetmanshoop 121, en Gobabis en Karasburg onderskeidelik 102 elk. Die res kom landwyd voor. Daar is op die oomblik steeds 23 660 aktiewe gevalle en 1 649 sterftes. Die herstelkoers is 74%.

Read More

Professor Kerina se begrafnis eers afgestel - July 4, 2021

Die begrafnis van wyle professor Mburumba Kerina wat vandag sou plaasvind is afgestel. Dit volg nadat die Ovaherero Tradisionele Owerheid ‘n dringende hofaansoek in die hoërhof in Windhoek gebring het om te verhoed dat hy in die grafheiligdom op Okahandja begrawe word wat vir Ovaherero-opperhoofde gereserveer is.

Read More

Verstappen spring vandag eerste weg in Oostenrykse F1 GrandPrix - July 4, 2021

Motorsport. Red Bull se Max Verstappen spring vandag in die Oostenrykse F1 GrandPrix in die eerste plek weg, met Mclaren se Lando Norris in die tweede plek. Verstappen se spanmaart Sergio Perez is in die derde wegspringplek en Lewis Hamilton vierde.

Read More

Zuma praat vanmiddag met die media - July 4, 2021

Oudpresident Jacob Zuma van Suid-Afrika beoog om die media vanmiddag omstreeks 18:00 tydens ‘n mediakonferensie by Nkandla toe te spreek. Sy stigting het dit op twitter bekendgemaak. Sy regspan is glo ontbied om 14:00 met hom te vergader. Groot getalle Zuma-ondersteuners is intussen besig om by Nkandla bymekaar te kom om hulle steun aan hom […]

Read More

Voormalige adjunk-minister sterf - July 4, 2021

Die voormalige Namibiese adjunk-minister van Visserye en Swapo-parlementslid Samuel Ankama is vanoggend oorlede. Volgens plaaslike mediaberigte het hy in ‘n hospitaal in die noorde gesterf. Hy was 63.

Read More

Facebook-toetsprojek lok reaksie uit - July 4, 2021

‘n Facebook-toetsprojek met ‘n opwip-venster waarin mense gevra word of hulle dink van hulle vriende is besig om ekstrimisties te word, het kommer by Amerikaanse konserwatiewes ontlok. Volgens AFP is hulle van mening hul stemme gaan gesmoor word. ‘n Woordvoerder van Facebook, Andy Stone, sê die waarskuwings het hulle oorsprong by ‘n inisiatief van die […]

Read More

Suid-Afrika gee die groenlig vir die gebruik van die Chinese CoronaVac-entstof - July 4, 2021

Die Waarnemende Minister van Gesondheid van Suid-Afrika, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, het gesê die Departement Van Gesondheid in die buurland verwelkom die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte se goedkeuring van die Chinese CoronaVac-entstof. Sy sê dit sal die regering in staat stel om teen ʼn vinniger tempo meer entstowwe te kry. SAHPRA sê die entstof is bedoel vir […]

Read More

Lekker tennis op Wimbledon - July 4, 2021

Tennis: Roger Federer het Wimbledon se laaste 16 vir die 18de keer gehaal met ‘n oorwinning van vier stelle teen Cameron Norrie van Brittanje. Die agt-malige kampioen het met 6-4, 6-4, 5-7 en 6-4 gewen. Nick Kyrgios van Australië moes hom weens ‘n besering in sy derde-ronde-wedstryd teen die Kanadees Felix Auger-Aliassime onttrek. In die […]

Read More

Vlugtelinge verdrink toe hulle probeer om van Libië na Italië te vaar - July 4, 2021

Die Tunisiese humanitêre hulporganisasie, Red Crescent, sê 43 vlugtelinge het verdrink toe hulle boot aan die kus van die land gesink het. Hulle het probeer om van Libië na Italië te vaar. Die boot het migrante van Egipte, Soedan, Eritrea en Bangladesh aan boord gehad. Meer as 80 mense is gered. Die tragedie volg ná […]

Read More

ANC besin oor Zuma - July 4, 2021

Die voorsitter van die ANC in KwaZulu-Natal, Sihle Zikalala, sê die Konstitusionele Hof se beslissing oor Jacob Zuma het die party en die nasie verdeel. Zikalala het ná ‘n vergadering met die voormalige president by sy huis in Nkandla gepraat. Zuma voer aan hy is onskuldig en doen ‘n beroep op die hof om sy […]

Read More