Monitor jeugfonds, veral teen korrupsie: NansoJune 27, 2025
Die kabinet het die raamwerk vir ‘n jeugfonds om entrepreneurskap te ondersteun, aanvaar. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie gekry by Dorothea Nangolo, die president van die Namibiese Nasionale Studente-organisasie, Nanso, wat sê die fonds moet gemonitor word vir deeglike implementering en teen korrupsie.