
Sakereddingstaakspan aangestel om besighede tydens pandemie te help - June 29, 2021
President Hage Geingob het ‘n sakereddingstaakspan van elf kundiges aangestel om besighede en werksgeleenthede tydens die Covid-pandemie te beskerm. Die taakspan sal vanaf 1 Julie vir agt maande sake- en insolvensiewetgewing, wette, regulasies en beleide tydens die pandemie hersien en voorstelle maak om besighede te red. Thinus Prinsloo is die voorsitter.
Groot geleenthede vir SA-skoonheidsektor - June 29, 2021
Verbruikers-neigings soos die vraag na multikulturele velsorg- en haarversorgingsprodukte, die oopstel van nuwe uitvoermarkte in Afrika en die ontwikkeling van groener produkte, sal help om die skoonheidsmiddel-sektor in Suid-Afrika te bevorder tydens, sowel as na die Covid-19-pandemie. Dit is volgens die uitvoerende hoof van ‘n toonaangewende vervaardiger van persoonlike versorgingsprodukte, KAS Africa, Vinny Perumal. Sy […]
Noodtoestand – Geingob het NV se toestemming nodig - June 29, 2021
Alle oë is op President Hage Geingob met die huidige maatreëls teen Covid wat môre verval. Terwyl dit nog nie duidelik is wanneer die president die land sal toespreek nie is daar kommer oor strenger inperkings en dalk ‘n tweede noodtoestand, veral met die heersende derde vlaag van infeksies. Maar, Geingob het die parlement se […]
Wimbledon: Anderson teen Djokovic - June 29, 2021
Die Suid-Afrikaner, Kevin Anderson, het ‘n reuse taak om te verrig indien hy verder wil vorder as die tweede ronde van vanjaar se Wimbledon-toernooi by die All England Club. Hy kom teen die wêreld nommer-een en verdedigende kampioen, Novak Djokovic te staan. Djokovic het Jack Draper in vier stelle geklop, terwyl Anderson self vier stelle […]
Minimumloon-kommissie stel twee vergaderings uit - June 29, 2021
Die minimumloon-kommissie het sy openbare verhore wat op 8 Junie in Otjiwarongo en 5 Julie in Swakopmund gehou sou word, uitgestel. Volgens die kommissie is die stap genoodsaak as gevolg van die heersende Covid-infeksies en die huidige maatreëls. Tot dusver is Omaheke, Karas, Zambezi, Kavango Oos, Ohangwena, Oshana en Kunene bedien. Dr. Marius Kudumo, die […]
Houtskool: VSA moet eers 4 Julie herdenk - June 29, 2021
Ná ses jaar se oponthoud, het Amerika uiteindelik hul eerste vragte Namibiese houtskool ontvang. Dit is deel van ’n veldtog om houtskool permanent uit te voer na die buiteland. Hulle gaan die houtskool net op spesifieke tye gebruik, soos vir onafhanklikheidsvieringe en Michael Degé, voorsitter van die Namibiese Houtskoolvereniging, sê hulle behoort te weet of […]
Bank Windhoek behaal oorwinning teen Calle - June 29, 2021
Bank Windhoek, saam met sy regsfirma Weder, Kauta en Hoveka, het onlangs ‘n groot oorwinning in die land se hoërhof behaal teen die minister van landbou, die akte-registrateur en die prokureur-generaal. Die saak het daaroor gehandel dat die landbouminister, Calle Schlettwein nuwe wetgewing in verband met die registrasie en aanpassing van aktes. Dit was, volgens […]
Namibiese staatseffekte presteer goed op JSE - June 29, 2021
Cirrus het in 2019 in vennootskap getree met Absa NewFunds, ‘n beursverhandelde fonds waarin net Namibiese staatseffekte verhandel word. Op die oomblik is die fonds een van die toppresterende fondse onder buitelandse effekte wat op die Johannesburg effektebeurs genoteer is. Cirrus sê die fonds het met 9,9 persent in die afgelope 12 maande gegroei.
Zuma het geen opsies oor nie… - June 29, 2021
Dit wil voorkom asof die voormalige Suid-Afrikaanse president Jacob Zuma die keer werklik tronkstraf sal uitdien. Hy is vroeër vanoggend skuldig bevind aan minagting van die hof en 15 maande tronkstraf opgelê. Die konstitusionele hof het hom skuldig bevind, die hoogste hof in die buurland wat enige moontlikheid van appèl uitskakel, soos die politieke ontleder […]
Derde vlaag druk olieprys af - June 29, 2021
Ru-oliepryse het vir ‘n tweede dag teruggesak gedryf deur vrese oor afname in aanvraag as gevolg van die hoogsaansteeklike Delta-variant van Covid. Die Brent ru-oliepyrs het met amper 1 persent gedaal nadat dit Maandag met twee persent teruggesak het. Analiste meen die uitrol van inentingsveldtogte beteken dat die pandemie wel oorwin word en dit is […]