
Jonas sal nie verskyn nie, hof gesluit weens Covid - May 5, 2021
Jonas Junias Jonas sal nie vandag in die Swakopmund-landdroshof verskyn nie. Die hof is volgens berigte gesluit as gevolg van Covid-19. Talle sake is uitgestel en dit is nie duidelik wanneer presies Jonas sy tweede verskyning sal maak nie. Jonas is op 19 April aangekla van poging tot moord nadat hy ‘n lid van die […]
Sioka reageer op klag - May 5, 2021
Daar is ‘n klag van minagting van die hof teen die Namibiese Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka gelê. Die Ombudsman Advokaat John Walters sê sy kom nie ‘n hofbevel vir die aanhouding van minderjariges na nie. Sy Skakelbeampte Aurelia David sê die verslag, soos deur hofbevel beëis is nooit ingedien nie. Minister Sioka het haar […]
VSA help met MIV-toetse in tronke - May 5, 2021
Die Amerikaanse ambassade in Windhoek het, in samewerking met Korrektiewe Dienste, twee toetsfasiliteite oopgemaak om MIV-toetse op gevangenes uit te voer. Die Amerikaanse regering befonds talle projekte in verband met MIV in die land. Walter Parrs, Woordvoerder by die ambassade…
Jongste Unam-student ooit, 14, vang sy graad - May 5, 2021
Brave Chibaka het opslae gemaak toe hy op 14 toegelaat is om siviele ingenieurswese te studeer. Brave het pas graad gevang en is reeds terug in sy geboorteland van Malawi. Hy het met sy toelating in 2016 gesê hy wil in sy pa, ook ‘n ingenieur, se voetspore volg. Een van sy dosente, Petrina Kahwadi, […]
IPC sê Kora is georganiseerde misdaad - May 5, 2021
Die Nasionale Woordvoerder van die IPC-party Brian Black het hom sterk uitgespreek oor die Kora-aangeleentheid. Die saak, wat tans in die Hoërhof verhoor word spruit uit die mislukte Kora-toekennings wat nooit plaasgevind het nie. Die Namibiese Toerismeraad het die net minder as 24 miljoen Namibiese doller aan Adjovi oorbetaal vir bemarking in aanloop tot die […]
Woordeboek word 95 - May 5, 2021
Die legendariese Woordeboek van die Afrikaanse Taal vier môreaand sy 95ste bestaansjaar met ‘n aanlyn verjaardagfees. Die Hoofredakteur, Willem Botha, sê die span sal mylpale en herinneringe tydens die skryf van die woordeboek uitlig, en die 16de weergawe bekendstel. Botha sê daar sal ook ‘n bespreking gevoer word oor Kaapse Afrikaans wat in die woordeboek […]
Ombudsman sê oor klag teen Sioka - May 5, 2021
Die Namibiese Ombudsman het ‘n klag van minagting van die hof teen die Minister van Geslagsgelykheid Doreen Sioka gelê. Advokaat John Walters sê sy implementeer nie die hofbevel dat minderjarige kinders apart van volwassenes aangehou word nie. Volgens Aurelia David, die Ombudsman se Skakelbeampte het die besonderhede.
Eskom bied geen verhoging by samesprekings aan nie - May 5, 2021
Eskom sê hy kan nie voldoen aan vakbonde se eise vir salaris- en voordele-verhogings nie. Die buurland se kargvoorsiener het sedert gister met drie vakbonde vergader, maar aangedui dat hy geen aanbod na die samesprekings bring nie. Eskom het ook gesê ‘n toename in behuisingsvoordele is onbekostigbaar. Die metaalwerkersvakbond, Numsa, en die mynwerkersvakbond, die NUM, […]
Meisie, 10, pleeg vermoedelik selfmoord - May 5, 2021
Nuusagentskappe berig dat die polisie in die Khomas-streek tans ondersoek instel na die beweerde selfmoord van ‘n 10-jarige meisie in die hoofstad. Volgens Nampol het die insident tussen ongeveer 7-uur Maandag aand in die Ombili-woonbuurt plaasgevind. Die kind is deur haar 7-jarige broer in die huis gevind waar sy hang. Sy is by die Katutura […]
Kaderontplooiing is skadelikste beleid ooit - May 5, 2021
Die Instituut vir Rasse-aangeleenthede in die buurland sê President Cyril Ramaphosa se verdediging van die ANC-regering se kaderontplooiings-beleid toon sy lojaliteit aan partykaders ten koste van gewone landsburgers. Ramaphosa het verlede week aan die staatskapingskommissie gesê die beleid, wat partylede in openbare dienste ontplooi het, vorm ‘n integrale deel van die versekering dat die regerende […]