Prins Harry wil Lilibet Diana voor koningin Elizabeth doop - July 20, 2021

Prins Harry en sy vrou, Meghan, beplan om hul dogter, Lilibet Diana, voor koningin Elizabeth by die Windsor-kasteel te doop, sê ‘n koninklike bron. Volgens die bron is die egpaar bereid om te wag totdat die omstandighede dit toelaat.  

Read More

Meer as 530 vee op Otjiwarongo se dorpsgrond gekonfiskeer - July 20, 2021

Daar is vandag op meer as 530 vee beslag op Otjiwarongo gelê wat aan boere behoort wat die dorpsgrond onwettig beset. Daniel Pavaza van die Otjiwarongo-munisipaliteit het gesê beslag is gelê op altesaam 300 bokke, 203 skape en 30 beeste. Hy het gesê nog vee gaan môre, oormôre en Vrydag gekonfiskeer word.

Read More

NG Kerk Eros ook ‘n inentingsentrum in hoofstad - July 20, 2021

Die NG Kerk Eros-gemeente is ook nou ‘n inentingsentrum in die hoofstad. Inentings vind tussen agt-uur soggens en vier-uur smiddae by die kerksaal plaas. ‘n Leraar van die gemeente, dr. Fourie van den Berg, het gesê tans is slegs Sinopharm beskikbaar, maar AstraZeneca-enstof wat deur die regering bestel is, word binnekort verwag. Dr. Van den […]

Read More

Amerikaanse ambassade help Covid-monsters sorteer - July 20, 2021

Terwyl baie Namibiërs weet hoe om dit te voel om vir Covid-19 getoets te word, weet slegs ‘n paar mense wat met die monsters gebeur nadat die toetse gedoen is. Weens die toename in Covid-gevalle in Namibië, het die personeel van die Amerikaanse Sentrum vir Siektebeheer en -Voorkoming in Namibië gehelp om die Namibië Instituut […]

Read More

Tweehonderd verskyn in Johannesburgse landdroshof vir plundery - July 20, 2021

Sowat 200 mense verskyn vandag, môre en Vrydag in die Johannesburgse landdroshof nadat hulle aangekeer is weens verlede week se stropery in Gauteng. Minstens 215 mense het in die onluste gesterf, verskeie winkels en sentrums geplunder, kitsbanke afgebreek en pakhuise aan die brand gesteek. Xolani Fihla van die Johannesburgse metropolisie sê betogers gaan na verwagting […]

Read More

Jeff Bezos se lewenslange droom verwesenlik - July 20, 2021

Die sake-eienaar en magnaat Jeff Bezos het ‘n lewenslange droom verwesenlik toe hy vandag, op die 51ste herdenking van die eerste maanlanding, na die rand van die ruimte lanseer is. Die voormalige uitvoerende hoof van Amazon se sub-orbitale reis aan boord van Blue Origin se New Shepard-vuurpyl, is beskryf as ‘n reuse-sprong vir die ruimte-toerismebedryf. […]

Read More

Covid-19: 50 gevangenes in Rundu-distrik positief - July 20, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het 25 Covid-sterftes in sewe distrikte aangekondig, asook 614 nuwe gevalle uit 1 652 toetsuitslae. In die groep is 69 leerders, 19 onderwysers, nege studente, 20 gesondheidswerkers en 50 gevangenes van die Rundu-distrik. Daar is nou 21 860 aktiewe gevalle, waarvan 598 pasiënte in hospitale en 112 in intensiewesorgeenhede is.

Read More

Bezos se geskiedkundige ruimtereis suksesvol - July 20, 2021

Die stigter van Amazon, Jeff Bezos, het sy geskiedkundige ruimtereis met sy maatskappy Blue Origin se eerste bemande vlug van die New Shepard-vuurpyl suksesvol voltooi. Hulle het vanmiddag naby Van Horn in die weste van Texas lanseer en weer suksesvol geland. Hy is vergesel deur sy broer Mark, die tagtigjarige lugvaartbaanbreker Wally Funk en ‘n […]

Read More

Breathe Namibia versprei 50 suurstofmasjiene in nege dorpe - July 20, 2021

Tydens die eerste week van die Breathe Namibia-veldtog, is meer as 50 suurstofmasjiene in nege Namibiese dorpe deur ‘n groep maatskappye afgelewer wat fondse beskikbaar gestel het om die Covid-pandemie te beveg. Piet Stoman, handelsmerk- en kommunikasiebestuurder van Agra het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê inwoners van Mariental, Rehoboth, Gobabis, Ondangwa, Opuwo, Tsumeb, Outjo, Grootfontein […]

Read More

‘Moenie gesteelde goedere koop’ - July 20, 2021

Gautengse owerhede waarsku inwoners om nie artikels te koop wat tydens gewelddadige plundertogte in die provinsie gesteel is nie. Die polisie waarsku dat enige iemand wat betrap word dat hulle hierdie goedere koop, in hegtenis geneem kan word. ‘n Polisiewoordvoerder, Brenda Muridili, sê pogings is tans aan die gang om vermoedelik gesteelde goedere terug te […]

Read More