Lugpassasiers groei sterk in AfrikaMay 31, 2025
Die Internasionale Lugvervoervereniging, IATA, sê totale lugpassasierverkeer het op ‘n jaar grondslag sterk in April toegeneem. Die totale vraag het met agt persent gestyg, terwyl internasionale vraag met 10,8 persent toegeneem het en binnelandse aanvraag met 3,3 persent. Afrika is die streek wat die sterkste groei in passasierverkeer ondervind het, met 14,2 persent. Dit is gevolg deur die Midde-Ooste met 11,3 persent, Latyns-Amerika met 10,9 persent, Asië en Stille-Oseaan 10,6 persent, Europa 8,3 persent en Noord-Amerika met 1,6 persent.