‘n Derde van SA se skoolmeisies raak swanger - September 8, 2021

Namibië het groot uitdagings met tienerswangerskappe met ‘n gemiddeld van 1 500 jaarliks. Tydens die 2020 Maart tot Julie-inperkings het 3 323 skoolmeisies swanger geraak. In Suid-Afrika lyk die syfers effe erger. Byna ‘n derde van die tienermeisies in die buurland raak swanger, en meer as 65 persent hiervan is onbeplande swangerskappe. Die Departement van […]

Read More

Ontleder stem saam met Nicanor oor ryk Swapo-lede - September 8, 2021

Die Swapo Party se woordvoerder, Hilma Nicanor, het die party se sake-ondernemings verdedig en gesê dit is waarvoor hulle in die bevrydingstryd geveg het. Sy het verder gesê die party sal voortgaan om hul demokratiese reg uit te oefen deur in nie-korrupte en wettige ekonomiese aktiwiteite deel te neem. Dr. Ndumba Kamwanyah, ‘n plaaslike politieke […]

Read More

Fietsrybane vir hoofstad - September 8, 2021

Stad Windhoek gaan vandag begin om fietsrybane in die hoofstad op te rig. Die strate wat fietsrybane gaan kry is Florence Nightingalestraat in Khomasdal, Dr Kuaima Riruakostraat in Dorado Park en in Windhoek-Wes, Andrew Kloppers- en Brahmsstrate. Die projek sal einde Januarie volgende jaar voltooi wees. Axel Theissen, die president van die Namibië Fietsry-federasie, is […]

Read More

Vermeende pedofiel doen vandag aansoek vir borg - September 8, 2021

Die borgaansoek van die vermeende pedofiel Johann Maree, sal vandag voortgesit word voor die Windhoek-landdros Celma Amadhila. Die 50-jarige Maree is verlede jaar in hegtenis geneem op 40 klagte dat hy agt minderjarige seuns tussen 2016 en 2020 verkrag en onsedelik aangerand het. Hy het volgens die staat ook video’s gemaak en dit op die […]

Read More

Slegs ingeënte mense by Discovery se geboue toegelaat - September 7, 2021

Die Suid Afrikaanse mediese versekeringsmaatskappy Discovery, sê hy sal in die toekoms, slegs ingeënte mense by sy geboue toelaat. Alle werknemers en besoekers aan Discovery-persele sal dus ingeënt moet wees of kan bewyse toon dat hulle nie Covid-19 onder lede het om geboue binne te kan gaan. Die aankondiging kom nadat die maatskappy vroeër die […]

Read More

Wes-Kaap vra vir voorkeur aan polisiëringsbehoeftes - September 7, 2021

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Albert Fritz, het na afloop van ‘n vlaag moorde in die Wes-Kaap verlede naweek, ‘n beroep op die nasionale regering gedoen om meer polisielede in die provinsie te ontplooi. Vier mense is die naweek in Wellington dood, en gemeenskapslede in die Paarl het ‘n verdagte se motor en huis aan die […]

Read More

Holistiese benadering in SA nodig om tienerswangerskappe te verminder - September 7, 2021

Die parlementêre portefeuljekomitee vir basiese onderwys het eenparig besluit ‘n holistiese benadering is nodig om tienerswangerskappe in Suid-Afrika te verminder. Die departement van basiese onderwys het die komitee vandag ingelig oor sy planne om die kwessie te hanteer. Volgens die departement raak meisies nie swanger en verlaat dan die skool nie, hulle verlaat die skool […]

Read More

Viëtnamese man kry boete van N$13 000, vyf jaar tronkstraf vir oortreding van Covid-reëls - September 7, 2021

‘n Viëtnamese man is gevonnis tot ‘n boete van amper 13 000 Namibiese dollar en vyf jaar gevangenisstraf nadat hy skuldig bevind is aan die oortreding van Covid-reëls en die verspreiding van die virus. ‘n Hof het bevind die 28-jarige Le Van Trie het die virus na agt mense oorgedra, en een persoon het gesterf. […]

Read More

Swapo betaal vir begrafnis van ongelukslagoffertjie by Katima Mulilo - September 7, 2021

Tydens ‘n verkiesingsveldtog verlede maand by Katima Mulilo in die Zambezi-streek, het ‘n ongeluk plaasgevind waarin ‘n tweejarige kind gesterf het. Volgens berigte is die kind deur ‘n ander kind in die pad voor ‘n aankomende voertuig gestamp. Die voertuig behoort aan die Swapo Party. Die sekretaris-generaal van Swapo, Sophia Shaningwa, is vandag in die […]

Read More

Man doen hom voor as biokinetikus - September 7, 2021

‘n Man moet volgende Dinsdag in Klerksdorp in Noordwes in die landdroshof verskyn nadat hy aangekeer is omdat hy na bewering as ‘n biokinetikus gepraktiseer het sonder dat hy geregistreer is. Die Valke het Johannes Christian van Belkum Vrydag weer in hegtenis geneem nadat hy sy borgtog-voorwaardes verbreek het. Woordvoerder Thlangelani Rikhotso sê hy staan […]

Read More