Moordenaar van bejaarde vrou lewenslank tronk toe - August 5, 2021

Die Mpumalanga-hooggeregshof het ‘n man tot lewenslange tronkstraf gevonnis vir die moord op ‘n bejaarde vrou van Mbombela. Shaun Oosthuizen van Munsieville buite Krugersdorp het skuldig gepleit op aanklagte dat hy die 85-jarige Hetta Potgieter in Julie 2018 in haar woonstel by die Macademia-ouetehuis beroof en vermoor het. Hy het ook ‘n vonnis van 15 […]

Read More

Drie buitelanders in Nigerië met wildprodukte van N$780 miljoen vas - August 5, 2021

Nigeriese doeanebeamptes het drie buitelanders in hegtenis geneem en beslag gelê op ‘n rekord hoeveelheid ietermago-skubbe en -kloue en olifanttande ter waarde van by sowat 780 miljoen Namibiese dollar. Wetstoepassers soek nog na ‘n vierde verdagte wat hulle glo die baasbrein agter die operasie is. Die beslaglegging sluit in 17,14 kilogram ietermago-skubbe, 60 kilogram ietermago-kloue […]

Read More

Mango môre terug in die hof - August 5, 2021

Die Mango-lugredery is môre weer terug in die hof terwyl vakbonde voortgaan met hulle stryd om die maatskappy onder sakeredding te plaas. Die Hooggeregshof in Johannesburg sal môre aansoeke aanhoor van die Suid-Afrikaanse Kajuitbemanningsvereniging, die metaalwerkersvakbond Numsa en die Mango-vlieëniersvereniging. Die vakbonde vrees reuse werksverliese as die lugredery weens sy voortslepende kontantvloei-probleme gelikwideer word.

Read More

Versekeringsreus sê miljoene Suid-Afrikaners onder finansiële druk - August 5, 2021

Volgens Ou Mutual is miljoene Suid-Afrikaners onder bykomende finansiële druk weens die Covid-pandemie en -inperking, asook die onlangse onluste. Die versekeraar se Julie-opname toon vertroue in die Suid-Afrikaanse ekonomie het van 34 tot 31 persent geval. Die persentasie deelnemers wat voorkeur gee aan noodfondse het ook toegeneem. ‘n Interessante nuwe statistiek het onthul 23 persent van die werkende […]

Read More

Outjo-polisieman in hof oor dagga - August 5, 2021

‘n Polisiebeampte van Outjo het in die hof op klagte van die onwettige besit van dwelms en dwelmsmokkelary verskyn. Kelvin Raymond Horaseb is in hegtenis geneem nadat 15 sakkies dagga glo in sy besit by die polisiebarakke op Outjo gevind is. Landdros Peingondjabi Shipo het die saak tot 12 Augustus uitgestel vir Horaseb om regsverteenwoordiging […]

Read More

Media-vakbond wag steeds op registrasie - August 5, 2021

Die media-vakbond wat verlede jaar gestig is, die Namibia Media Professionals Union, Nampu, is steeds operasioneel. Die vakbond is gestig om lede van die media te beskerm en vir hulle regte te beywer. Volgens Nampu se woordvoerder Charmaine Ngatjiheue, wag hulle steeds op hulle amptelike registrasie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.

Read More

Covid: dit gaan baie beter in gevangenisse - August 5, 2021

Berigte uit Suid-Afrika lui dat Covid-gevalle skerp toeneem in gevangenisse in die land. In Namibië is maatreëls reeds verslap en die verbod op gevangenes om fasiliteite te verlaat vir hofverskynings is reeds gelig. Besoeke word ook toegelaat. Die hoof van die sentrale personeeldirektoraat by die Namibiese Korrektiewe Diens, kommissaris Sam Shalulange sê hulle uitdaging is […]

Read More

Finansiële Intelligensiesentrum het skoon oudit - August 5, 2021

Die Bank van Namibië het vanoggend die 2020-2021 jaarverslag van die Finansiële Intelligensiesentrum bekendgestel. Die sentrum, wat een van die belangrikste instansies in die land is wanneer dit kom by die monitering van transaksies tussen bankrekenings, het ‘n skoon oudit ontvang. Zenobia Barry, die adjunk direkteur van regsbeleid en toepassing by die sentrum.

Read More

Zim-motor volgende maand plaaslik beskikbaar - August 5, 2021

Reaksie word ontvang op berigte dat die Mureza Prim8, ‘n bekostigbare voertuig wat deur ‘n Zimbabwiese maatskappy in Suid-Afrika vervaardig word, volgende maand plaaslik beskikbaar sal wees. Die voertuig verkoop vir 196 000 rand in Suid-Afrika en is volgens berigte deur Tendai Mugofa geskep om aspekte van Afrikanisme, wat duursaamheid, aanpasbaarheid en oorspronklikheid insluit, uit […]

Read More

Loonkommissie vra om konsultasies te hervat - August 5, 2021

Die Minimumloon-kommissie sal na verwagting sy sessies hervat met die verslapping van die maatreëls in verband met Covid. Die kommissie is daargestel deur die arbiedsministerie om ondersoek in te stel na ‘n nasionale minimumloon. Verskeie openbare konsultasies is regoor die land gehou maar moes gestaak word weens inperkings. Die kommissie se voorsitter, dr. Marius Kudumo […]

Read More