Omgekeerde korrelasie tussen inflasie en inentings - May 18, 2021

Daar is volgens sommige ekonome ‘n omgekeerde korrelasie tussen inflasie en inentings regoor die wêreld. Volgens Salomo Hei, die Hoofnavorser van High Economic Intelligence Investment, is die verhouding nog oppervlakkig maar dit sal duideliker raak namate die inentingsveldtogte regoor die wêreld toeneem. Hy verduidelik…

Read More

Shangula sê gerugte oor Covid-19 is belaglik - May 18, 2021

Mense skep allerhande gerugte oor die Covid-19-virus. Die virus word selfs as fopnuus afgemaak met beweringe dat regerings geld van die Wêreldgesondheidsorganisasie ontvang. Daar is selfs stemgrepe wat op sosiale media en plaaslike radiostasies versprei word wat beweer dat inentings newe-effekte veroorsaak. Sommige mans beweer dat hul manlikheid ná inenting beïnvloed word. Die Namibiese Gesondheidsminister, […]

Read More

Suikerrietbedryf toon skerp afname - May 18, 2021

Ook in die buurland sê die portefeuljekomitee vir Handel en Nywerheid in die Parlement die suikerrietbedryf het deur die jare ‘n skerp afname in inkomste en produksie getoon. Tydens ‘n vergadering met belanghebbendes het dit aan die lig gekom dat die daling moontlik toegeskryf kan word aan die goedkoop invoer van suiker wat die plaaslike […]

Read More

Ramaphosa verskyn weer voor Staatskapingskommissie - May 18, 2021

Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa sal volgens berigte op 31 Mei en 1 Junie weer voor die Staatskapingskommissie verskyn. Hy sal hierdie keer as Staatshoof getuig nadat hy verlede maand as President van die ANC getuig het. Suid-Afrikaanse media berig dat Ramaphosa waarskynlik lig sal werp op die grootskaalse korrupsie tussen 2014 en 2018 toe hy […]

Read More

Oupa help ‘n hele dorp - May 18, 2021

‘n Klein knoffelmaatskappy in Murraysburg is besig om broodnodige werksgeleenthede in die Sentrale Karoo te skep danksy befondsing van die Wes-Kaapse Departement van Landbou. Die maatskappy is deur Oscar Smut, oupa van die broers Craig en Ryan Newborn, gestig. Daniel Johnson van die departement sê die befondsing het gehelp om die dorp se waterstelsel te […]

Read More

Daar sal nie rekord mahangu-oeste wees nie - May 18, 2021

Mahangu-boere in die noorde van Namibië is tans besig om vir oestyd voor te berei. Volgens die Goewerneur van die Oshana-streek, Elia Irimari, gaan die meeste boere weens verskeie redes en uitdagings soos droogtes, nie rekord-oeste hê nie. Hy verduidelik aan Kosmos 94.1 Nuus.

Read More

Plant-gebaseerde Covid-entstof word ontwikkel - May 18, 2021

Nog Covid-entstowwe word ontwikkel nadat daar vroeër berig is dat Sanofi en GlaxoSmithKline se spuit binnekort fase-drie proewe sal ondergaan op 35 000 vrywilligers regoor die wêreld. Intussen berig internasionale nuusagentskappe dat die Kanadese farmaseutiese maatskappy Medicago ‘n plant-gebaseerde spuit ontwikkel, ook saam met GlaxoSmithKline. Die eerste toetse toon ‘n sterk imuun reaksie.

Read More

Hommelhelde is op pad - May 18, 2021

Suid-Afrikaners sal binnekort tegnieke kan aanleer by ‘n internasionale hommeltuigmaatskappy wat bekend geword het as een van die helde van die Covid-19-pandemie. Wingcopter het hommeltuie gebruik om lang afstande af te lê om entstowwe en mediese noodvoorraad in talle Afrikalande af te lewer. Die maatskappy wil sy ervaring volgende maand by die konferensie vir hommeltuie […]

Read More

So kan ons moontlik die uitdagings aanspreek – goewerneur - May 18, 2021

Die Goewerneur van die Erongo-streek Neville Andre sê inwoners van die Hardap-streek het dieselfde uitdagings as inwoners van sy streek wat werkloosheid, dienselewering en informele nedersettings insluit. Maar, die uitdagings is regoor die land in al die streke. Kosmos 94.1 Nuus wou by Andre weet wat die moontlike oplossing is…

Read More

Job veg voort vir sy vleis - May 18, 2021

Bevestiging is ontvang dat die Burgemeester van Windhoek Job Amupanda voortgaan met sy regstappe teen die Ministerie van Landbou nadat vleis wat hy Maandag in Omuthiya gekoop het by die Oshivelo-padblokkade gekonfiskeer is. Vleis noord van die veterinêre kordonheining mag nie na die suide van die land gebring word nie, as gevolg van bek-en klouseer. […]

Read More