
Instituut vir Rasseaangeleenthede hof toe oor verkiesings - August 5, 2021
Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie maak ‘n oordeelsfout as hy meen dit sal nie moontlik wees om vrye en regverdige verkiesings op 27 Oktober te hou nie. Die instituut stuur ook ‘n regspan na die Konstitusionele Hof om die OVK se aansoek om die verkiesing uit te stel, teen te staan. Hy […]
Die twee jong Namibiese mans dankbaar. - August 5, 2021
Die twee jong Namibiese mans, Kai Jacobie en Marco Zahradnicky, wat as vermis aangemeld is, is vroeër die week suksesvol deur Intelligence Support Against Poaching, oftewel ISAP, tydens ‘n lugsoektog in die Ugabrivier opgespoor. Hul bakkie se battery het pap geraak toe hulle in die rivier gekamp het. Hulle het besluit om kalm te bly […]
Vrou glo R6 000 betaal om verkragtingsklagte terug te trek - August 5, 2021
Drie beskuldigdes van tussen 50 en 75 jaar oud gaan vandag in die landdroshof in Bloemfontein verskyn op aanklag van korrupsie en regsverydeling. Hulle het na bewering ‘n vrou 6 000 Suid-Afrikaanse rand betaal om ‘n klagte van verkragting teen Simon Galaka terug te trek. Hy is tans in aanhouding. Christopher Singo van die Valke […]
ANC wil ook hê munisipale verkiesings moet uitgestel word - August 5, 2021
Die ANC het aangesluit by die Onafhanklike Verkiesingskommissie se aansoek dat die munisipale verkiesings wat op 27 Oktober sou plaasvind, uitgestel word. Sy nasionale werkskomitee ondersteun die minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Nkosazana Dlamini Zuma, se afkondiging van die datum. Die ANC se adjunk-sekretaris-generaal, Jessie Duarte, sê sy strukture gaan voort om gereed […]
Nampol konfiskeer dwelms van N$1,2 miljoen in Julie - August 5, 2021
Die Namibiese polisie het beslag op dwelms ter waarde van sowat 1,2 miljoen Namibiese dollar in Julie gelê en 127 verdagtes in hegtenis geneem. Die verdagtes sluit 114 Namibiërs in, asook ses Zambiërs, vier Kongolese en drie Angolese burgers. Dwelms waarop beslag gelê is, is onder meer dagga ter waarde van sowat 1,17 miljoen Namibiese […]
DA wil SA brandstofprys hersien - August 5, 2021
Die Demokratiese Alliansie sê die brandstof-prysstygings vererger die uitdagings wat arm Suid-Afrikaners in die gesig staar. Die petrolprys het gister met ‘n yslike 91 sent die hoogte in geskiet tot ‘n rekordprys van 18 rand 20 sent. Die DA se skaduminister van minerale bronne en energie, Kevin Mileham, sê die party het minister Gwede Mantashe […]
Dertig Covid-sterftes in twaalf distrikte - August 5, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het 30 Covid-sterftes in twaalf distrikte aangekondig, asook 237 nuwe gevalle uit 1 921 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van twaalf persent is. In die groep is 30 leerders, vier onderwysers, vyf studente en drie gesondheidswerkers. Daar is nou 20 177 aktiewe gevalle, waarvan 375 gehospitaliseer is en 72 in intensiewesorgeenhede. Die […]
Amarula Trust neem 12 woestynaangepaste olifante aan - August 5, 2021
Die Amarula Trust het 12 woestynaangepaste olifante in die suide van die Kunene-streek en noorde van die Erongo-streek aangeneem. Amarula Trust het ‘n kontrak met die bewaringsorganisasie Elephant Human Relations Aid, EHRA, gesluit om te verseker dat die geld wel vir olifantbewaring aangewend word. Rachel Harris, direkteur van EHRA, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle […]
Skenk melk aan borsmelkbanke - August 5, 2021
Gauteng se LUR vir gesondheid, Nomathemba Mokgethi, het ‘n beroep op ma’s wat borsvoed gedoen om melk aan die provinsie se vier borsmelkbanke te skenk sodat vroeggebore babas voedsame kos kan kry. Wêreldborsvoedingweek word jaarliks van 1 tot 7 Augustus gevier. Die woordvoerder van die departement, Motalatale Modiba, sê hulle deel die verantwoordelikheid om borsvoeding […]
Media-vakbond wag steeds op registrasie - August 5, 2021
Die media-vakbond wat verlede jaar gestig is, die Namibia Media Professionals Union, Nampu, is steeds operasioneel. Die vakbond is gestig om lede van die media te beskerm en vir hulle regte te beywer. Volgens Nampu se woordvoerder Charmaine Ngatjiheue, wag hulle steeds op hulle amptelike registrasie. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.