Seldsame siekte roei Britse katte uit - August 6, 2021

Britse kenners is dronkgeslaan oor die honderde katte wat aan ‘n geheimsinnige siekte dood is. Dit hou vermoedelik verband met ‘n sekere soort katkos wat intussen aan die mark onttrek is. Minstens 330 katte is dood en nog honderde het kat-pansitopenie opgedoen. Volgens Britse media laat die siekte die diere se rooi- en witbloedselle en […]

Read More

AZ-entstof: 75 000 dosisse Sondag hier - August 6, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het bevestig dat die skenking van 75 000 dosisse AstraZeneca entstof Sondag in die land sal aankom. Tot op hede is daar net meer as 74 000 Namibiërs wat hulle eerste spuit ontvang het. Die interval tussen die twee spuite is normaalweg 12 weke maar navorsing wat deur Oxford-universiteit en Suid-Afrikaanse owerhede […]

Read More

Amerika gryp in by hofsaak van gewese Saoedi-Arabiese intelligensieman - August 5, 2021

Die Amerikaanse departement van justisie se besluit om in te gryp by ‘n hofsaak teen ‘n gewese senior intelligensie-beampte van Saoedi-Arabië word as uiters buitengewoon beskryf. Saad Aljabri het vier jaar gelede na Kanada gevlug nadat hy die aartsvyand van sy land se kroonprins, Mohammed bin Salman, geword het. Hy word deur Amerikaanse intelligensie- en […]

Read More

Kaapstad soek na reeksmoordenaar van katte - August 5, 2021

Die Suid-Afrikaanse polisie en die Dierebeskermingsvereniging in Kaapstad soek na ‘n beweerde reeksmoordenaar van katte. In die afgelope paar weke is by die dertig dooie en verminkte katte in verskillende gebiede om Manenberg gevind. Volgens verslae sal lykskouings gedoen word om die oorsaak van hul dood vas te stel.

Read More

‘Polisie moet teen EFF optree vir oortreding van inperkingsreëls’ - August 5, 2021

Die DA se skaduminister van polisie, Andrew Whitfield, sê die polisie moet teen die EFF optree vir oortreding van die inperkingsreëls by vandag se opmars in Phoenix. Honderde betogers het die strate ingevaar teen beweerde rassemoorde in verlede maand se oproer en plundering in KwaZulu-Natal. Whitfield sê gewone Suid-Afrikaners kry met die gereg te doen […]

Read More

Namibië se uitdagings vir genoegsame voedselproduksie - August 5, 2021

Die Verenigde Nasies se sekretaris-generaal António Guterres gaan in September ‘n Voedselstelselberaad aanbied om internasionale bewustheid oor voedselstelsels te skep. Dit is nie net om hongersnood te takel nie, maar dieetverwante siektes te verminder. Na verwagting gaan Namibië se klimaat- en droogtetoestande vererger en ‘n impak op die ekonomie en lewensbestaan van mense hê. Die […]

Read More

DA gekant teen uitstel van plaaslike verkiesing - August 5, 2021

Die DA sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie sal met die uitstel van die plaaslike regeringsverkiesing aandadig daaraan wees om die ANC te help om verkiesings-toerekenbaarheid vry te spring. Die party weier om dit toe te laat en het stappe gedoen as die OVK sou voortgaan met sy aansoek by die Konstitusionele Hof. Party-leier John Steenhuisen sê […]

Read More

Marcheline Meyer van Gibeon is Julie se Entrepreneur - August 5, 2021

Die Entrepreneur van die maand Julie is Marcheline Meyer, die stigter van Shadey’s Livestock and Poultry Farm, sowat 45 kilometer buite Gibeon in die Kharas-streek. Sy is deur die Olafika SME Ontwikkeling- en mentorskapsprogram aangewys. Meyer het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê haar besigheid teiken plaaslike winkels en slaghuise wat vleis, hoenders, eiers, vrugte en […]

Read More

Bangladesj: 17 mense deur weerlig doodgeslaan - August 5, 2021

‘n Troue op ‘n boot in die noordweste van Bangladesj het tragies geëindig toe weerlig 17 mense doodgeslaan en meer as tien beseer het. Die donderstorm oor die Palma-rivier het uitgesak net toe die boot in die dorp Shibganj aankom en gaste op pad was na die bruid se huis. Sewentien mense is op die […]

Read More

Instituut vir Rasseaangeleenthede hof toe oor verkiesings - August 5, 2021

Die Instituut vir Rasseaangeleenthede sê die Onafhanklike Verkiesingskommissie maak ‘n oordeelsfout as hy meen dit sal nie moontlik wees om vrye en regverdige verkiesings op 27 Oktober te hou nie. Die instituut stuur ook ‘n regspan na die Konstitusionele Hof om die OVK se aansoek om die verkiesing uit te stel, teen te staan. Hy […]

Read More