Inwoners van Kavango ding mee met krokodille vir water - May 19, 2021

Waterskaarste in die streke van Kavango-Oos en –Wes is ‘n krisis met inwoners wat met krokodille moet meeding om water te kry. Dit is volgens ‘n Raadslid van die Rundu Landelike Kiesafdeling, Paulus Mbangu, die enigste onafhanlike kandidaat. Hy het vandag in die Nasionale Raad tydens die begrotingsdebat vir beter watervoorsiening in die streke gepleit.

Read More

Saamgevoegde Fishrot-sake môre weer in hof - May 19, 2021

Die voorverhoor van die veel besproke Fishrot-saak vind môre in die Windhoekse Hoërhof plaas waartydens sake saamgevoeg sal word. Daar is sewe verdagtes: Bernhardt Esau, Sacky Shanghala, Mike Nghipunya, James Hatuikulipi, Tamson Hatuikulipi, Ricardo Gustavo en Pius Mwatelulo. Hulle verskyn in twee afsonderlike sake. In die eerste saak is die 7 in hegtenis geneem in […]

Read More

SA: Toerisme-operateurs moet pryse laat sak - May 19, 2021

Die Suid-Afrikaanse Departement van Toerisme sê toerisme-operateurs sal nou aangemoedig word om hul dienste en aktiwiteite meer bekostigbaar vir plaaslike inwoners te maak om sodoende die bedryf meer toegankliker vir alle Suid-Afrikaners te maak. Die Minister van Toerisme, Mmamoloko Kubayi-Ngubane, sê dit sal ook help om meer voete by besighede te kry en sy sê […]

Read More

Giftige vlakke van lugbesoedeling in Hoëveld - May 19, 2021

Aktiviste-groepe sê mense wat op Mpumalanga se Hoëveld woon en werk moet elke dag in giftige lug leef wat hulle gesondheid en welstand benadeel. Groundwork Trust en die Vukanai Environmental Justice Alliance sê dit skend inwoners se grondwetlike regte. Suid-Afrikaanse media berig dat hulle die kwessie na die Hooggeregshof in Pretoria geneem het en beweer […]

Read More

Maatreëls in plek vir brandseisoen - May 19, 2021

Die Kruger-wildtuin het bestuursplanne aangekondig in die aanloop tot die winter-brandseisoen, wat normaalweg tussen Junie en Oktober voorkom. Brande is ‘n algemene, natuurlike verskynsel in die bewaringsgebied en word ook gebruik as bestuurs-gereedskap waartydens veiligheid ‘n belangrike rol speel. Pohamba Shifeta, die Namibiese Omgewingsminister, het gesê Namibie het ook maatreëls in plek vir die brandseisoen. […]

Read More

Koue kom môre vir Suide, Weste - May 19, 2021

Die Metereologiese Dienste van Namibië het ‘n weerwaak uitgereik met koue en winderige toestande wat môre in die Suide en Weste verwag word. Dit sal Vrydag na die sentrale en oostelike dele uitbrei. Enkele ligte buie word môre in die ||Kharasstreek verwag. Die nodige voorsorgmaatreëls moet getref word. Richard Nashikaku van die Weerkantoor gesels met […]

Read More

Covid-19: Tans 2 546 aktiewe gevalle - May 19, 2021

Die Namibiese Gesondheidsministerie het vandag 191 nuwe Covid-19-gevalle in 10 streke uit 1 592 toetsresultate aangekondig. In die groep is 11 gesondheidswerkers, 4 leerders en 3 onderwysers. Daar is 2 546 aktiewe gevalle waarvan 228 pasiënte in hospitale is met 49 in hoësorg-eenhede. Ses sterfgevalle is op onderskeidelik Oshakati, Lüderitz, Usakos en Onandjokwe aangemeld.

Read More

Mango wil Namibiese boks bevorder - May 19, 2021

Die Namibië Boks- en Stoei-beheerraad was die afgelope jare in die hande van verskeie leiers waartydens die regulerende liggaam vir boks gely het. Die Namibiese Sportminister Agnes Tjongararero het onlangs ‘n nuwe raad met baie meer jong mense aangestel met die hoop om boks na ‘n hoër vlak te neem. Die Voorsitter, Magret Mango, gesels […]

Read More

Elf SA gholfspelers in PGA-kampioenskap - May 19, 2021

Altesaam 11 Suid-Afrikaners sal dit in die PGA-kampioenskap op Kiawah-eiland se Ocean Course uitspook. Garrick Higgo maak sy debuut op die Major-kampioenskap kort op die hakke van sy Europese toer oorwinnings tydens die Gran Canaria Lopesan Ope en die Kanariese Eiland Kampioenskap. Dean Burmester maak ook sy PGA-kampioenskap debuut kort nadat hy vandeesmaand sy tweede […]

Read More

IPPR: Protesoptogte teken van demokrasie - May 19, 2021

Namibië sien al hoe meer protesoptogte oor ‘n verskeidenheid van kwessies. As Namibiërs nie eis vir beter beskerming van vroue en kinders, is daar politieke of geslagsgegronde protesoptogte. Kosmos 94.1 Nuus het aan die Direkteur van die Instituut van Openbare Beleidsnavorsing, Graham Hopwood gevra of sosiale aktivisme ‘n goeie ding vir die land is. Hy […]

Read More