Galthie dra môre Dupont se nommer 9-truiMarch 14, 2025
Frankryk se hoofafrigter, Fabien Galthie, het vir Maxime Lucu die beseerde kaptein, Antoine Dupont, se nommer 9-trui gegee vir môre se Sesnasieswedstryd teen Skotland in Parys. Hy sê dis onmoontlik om die 32-jarige nie te beloon vir verlede naweek se indrukwekkende vertoning teen Ierland nie, toe hy Dupont voor rustyd vervang het. Die ervare Gael Fickou speel senter in Pierre-Louis Barassi se plek in die enigste ander verandering aan die span wat moontlik Ierland se hoop op ‘n derde agtereenvolgende titel, verydel het.