Windhoekers moet toegang gee vir meter-opdatering

Die Stad Windhoek herinner alle gebruikers van voorafbetaalde elektrisiteitsmeters dat sy spanne toegang tot huise moet kan kry om die meters op te dateer. Die Stad sê hulle sukkel hiermee. Indien die meters nie teen 24 November opgedateer is nie, sal inwoners nie elektrisiteit hê nie want die meters sal nie hulle krediettekens aanvaar nie. […]

Read More

Leierskaps-vakuum: Swapo sal wel sy pad vind

Die dood van president Hage Geingob het ‘n nuwe leierskapwedloop binne Swapo laat ontstaan wat ‘n herkonfigurasie van sleutel-partyrolle veroorsaak het, insluitend dié van vise-president en president. Verlede week het Swapo se politburo ‘n vergadering gehou om ’n koers vir die party se toekoms uit te stippel en om vir die verkiesing van ’n nuwe […]

Read More

Net meer as 26 000 metrieke ton maasbanker beskikbaar

Die regering het aanbiedinge vir die opveiling van 26 384 metrieke ton maasbanker met ‘n minimum bod van 3 500 Namibiese dollar vir bevrore vis en 1 000 per ton vir nat vis, oopgemaak. In November verlede jaar het die kabinet ‘n totale toelaatbare vangs van 270 000 metrieke ton vir maasbanker gedurende die 2024-seisoen […]

Read More

Brown verduidelik katastrofiese impak van stygende temperature

Die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die onlangse verslag wat deur die kamer gepubliseer is oor klimaatsverandering. Veral kommerwekkend is die nuus dat die land se temperatuur met tot 4 grade Celsius in die volgende eeu kan styg wat ‘n reuse impak […]

Read More

Een-dag oue baba dood op Outapi aangetref

Nog ‘n babastorting is aangemeld die keer by Outapi. Die polisie sê ‘n babaseuntjie van ongeveer ‘n dag oud is toegedraai gevind in vroueklere. Die mag sê dit is nie duidelik hoe die kind doodgemaak is nie maar, ‘n lykskouing behoort meer lig daarop te werp. Daar is geen verdagtes nie maar ‘n ondersoek is van […]

Read More

ActionSA stel premierskandidate bekend

ActionSA se president, Herman Mashaba, sê die komende algemene verkiesing bied ‘n besondere geleentheid om die regerende ANC se bewind van drie dekades te beëindig. Die party het sy premierskandidate bekendgemaak vir Mpumalanga, die Oos-Kaap en die Vrystaat nadat hy vroeër reeds kandidate in vier ander provinsies bekend gemaak. Hy sê daar is onbenutte potensiaal […]

Read More

Amushelelo sê 5 000 het reeds vir huise geregistreer

Die sosiale aktivis Michael Amushelelo sê meer as 5 000 inwoners van die hoofstad het al by hom geregistreer om by huise wat leeg staan in te trek. Die registrasieproses het Saterdag begin. Volgens Amushelelo het die regering sy plig versuim om leë huise te vul, terwyl baie mense dakloos is. Hy voer aan dat […]

Read More

Madagaskar neem kastrasie-wet aan vir kinderverkragting

Madagaskar se parlement het ‘n wet aangeneem wat die chemiese en, in sommige gevalle, chirurgiese kastrasie toelaat van diegene wat skuldig bevind word aan die verkragting van ‘n minderjarige. Die wet het kritiek van internasionale regtegroepe uitgelok, maar het ook ondersteuning gevind by aktiviste wat sê dit is ‘n gepaste afskrikmiddel om ‘n “verkragtingskultuur” te […]

Read More

Frankryk maak voorstel vir vrede teen Libanon-grens

Frankryk het ‘n skriftelike voorstel aan Beirut gelewer wat daarop gemik is om vyandelikhede met Israel te beëindig en die omstrede Libanon-Israel-grens te besleg. Die dokument vra dat vegters insluitend Hezbollah se elite-eenheid 10 kilometer van die grens moet onttrek. Die plan het ten doel om gevegte tussen die Iran-gesteunde Hezbollah en Israel by die […]

Read More

Die Eagles is in Katmandu vir driehoekige reeks

Die Richelieu Eagles het in Katmandu, Nepal aangekom om aan vier IKR Mans Krieket-wêreldbeker Liga 2-wedstryde en vier T20-wedstryde teen Nederland en Nepal deel te neem. Die eendagwedstryde is deel van die pad na die Wêreldbeker-toernooi, wat in 2027 deur Namibië, Zimbabwe en Suid-Afrika aangebied sal word. Die drie lande gaan deelneem aan die komende […]

Read More