Brown verduidelik katastrofiese impak van stygende temperature

Die stigter van die Namibiese Kamer van die Omgewing, dr. Chris Brown het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die onlangse verslag wat deur die kamer gepubliseer is oor klimaatsverandering. Veral kommerwekkend is die nuus dat die land se temperatuur met tot 4 grade Celsius in die volgende eeu kan styg wat ‘n reuse impak sal hê soos Brown verduidelik.